Tuesday, December 8, 2015

HOENDERSLAAI MET PASTA.docx

HOENDERSLAAI MET PASTA

 

Kook so 4 handevol screw noodles met sout tot net sag en dreineer en laat koud word.

Dan 2 gekookte of gerookte hoender borse (sny in blokkies)

1 klein ui in blokkies gesny

1/2k cheddar kaas in blokkies,

1k ertjies en sampioene in repies gesny,

2 hard gekookte eiers.

Gooi by die afgekoelde noedels.

SLAAISOUS.

Meng saam..

1k mayonnaise,

1/4k knorr ranch slaaisous,

peper en bietjie sout,

1/2k blikkie Nestle room.

As dit na te min lyk gooi nog mayo by (maar ek dink 1k is genoeg)

Meng goed deur.

Ek vermoed hierdie is knorr resep

No comments:

Post a Comment