Monday, May 9, 2016

BlomKoolRysSlaai (Blom Kool Rys Slaai)

Blomkoolrysslaai
4 porsies

80 ml (1/3 k) sonneblom saad
80 ml (1/3 k) gevlokte amandels
1 kop blomkool, in blommetjies gebreek
1 ui, fyn gekap
½ rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
½ geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
sout en peper na smaak
handvol vars pietersielie, fyn gekap
250 ml (1 k) kekeretjies, gedreineer

SLAAISOUS
60 ml (4 e) olyfolie
30 ml (2 e) suurlemoensap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
handvol vars koljander fyn gekap
handvol vars pietersielie, fyn gekap
10 ml (2 t) heuning
knypie sout en peper

1 Gooi sonneblom saad en amandels in braai pan. Verhit tot warm en skud braai pan gereeld sodat dit oral oor verhit word. Sodra amandels begin verkleur, verwyder van hitte. Gooi amandels en sade uit. Hou eenkant.

2 Spoel blomkool af en plaas in voedselverwerker tot grof gekap.

3 Verhit olie in dieselfde pan as sade en soteer ui liggies en voeg blomkoolrys by. Roerbraai vir een minuut.

4 Voeg soetrissies by en soteer nog twee minute. Verwyder van hitte.

5 Geur na smaak met sout en peper en roer pietersielie by.

6 Roer kekeretjies by.

7 Slaaisous Meng al die bestanddele saam en sit saam met slaai voor.

Source:  Foto en resep van “In en Om die Huis” op Facebook

Blogger: http://eposvriende.blogspot.com         http://recipes-english.blogspot.com

http://lekkerresepte.blogspot.com         Recipes of Facebook:  www.facebook.com/ResepteRecipes  

Gluten free, Dairy free, Diabetes: www.facebook.com/GlutenFreeRecipes.SouthAfrica   

 

 

No comments:

Post a Comment