Thursday, May 5, 2016

SKILLIE SE AARBEI POEDING ASOOK4 LAAG TERT.docx

SKILLIE SE AARBEI POEDING RESEP

BENODIG;

1 X PAKKIE AARBEI JELLIE

1 X PAKKIE AARBEI KITSPOEDING

4 X VARS AARBEIE IN HELFTE GESNY

4 X  GROTERIGE WYNGLASE MET STINGELS

250ml VARSROOM OF ORLEY WHIP BLIKKIE ROOM

1 X CADBURY FLAKE SJOKOLADE VERKRUMMEL.

AANGEMAAKTE STYWE VLA

METODE;

1)   MAAK JELLIE AAN VOLGENS AANWYSINGS OP PAKKIE

2)   HOU WYNGLASE  TEEN 'n HOEK VAN ONGEVEER 60ᵒ.

3)   GOOI NOU SO 2/3 VOL MET DIE JELLIE OP DIE SKUINSHOEK.

4)   PLAAS IN YSKAS  GEBRUIK DIE DRARAK VAN DIE YSKAS OM SKUINSTE TE BEHOU EN LAAT STOL

5)   MAAK NOU KITSPOEDING AAN EN SKEP IN ANDER HELFTE VAN DIE GLASE OOK SO 2/3 VOL. LAAT GENOEG SPASIE BO DIE GLAS OM MET DIE AANGEMAAKTE VLA TE VUL.

6)   SPUIT NOU DIE ROOM BO-OP DIE GLASE (VUL TOT AMPER VOL.

7)   STROOI VERKRUMMELDE SJOKOLADE BO-OOR.

8)   PLAAS ½ AARBEIE BO-OP .

9)   PLAAS IN YSKAS TOT BENODIG

 

SKILLIE SE VIERLAAG POEDING IN GLASE OF TERTBAK GEMAAK;

BENODIG;

2 X PAKKIES TENNIS BESKUITJIES. VERKRUMMEL

1 X PAKKIE PIESANG KITSPOEDING

1 X PAKKIE VANIELJE KITSPOEDING

1 X PAKKIE BUTTERSCOTCH OF SJOKOLADE KITS POEDING.

STYWE TUISGEMAAKTE VLA.

1 X GERASPERDE PEPPERMINT CRISP SJOKOLADE.

SPUITKANNETJIE ORLEY WHIP.

METODE;

1)   MAAK POEDING AAN VOLGENS AANWYSINGS

2)   IN  GROTERIGE WYNGLASE OF GESMEERDE TERTBAK STROOI 'n LAAG VAN DIE TENNIS BESKUIT. PAK NOUDIE PIESANG POEDING BO-OOR

3)   STROOI WEER 'n LAAG VAN DIE TENNISBESKUITJIES.

4)   PAK NOU LAAG VANIELJE POEDING EN STROOI WEER TENNIS BESKUITJIES BO-OP

5)   SKEP NOU DIE BUTTERSCOTCH OF SJOKOLADE BO-OOR.

6)   SKEP NOU DIE VLA BO-OP.

7)   SPUIT NOU DIE ORLEY WHIP BO-OOR.

8)   STROOI DIE PEPERMINT SJOKOLADE BO-OOR.

9)   PLAAS IN YSKAS TOT BENODIG.

Dankie Peet vir die resep se deel

 

No comments:

Post a Comment