Maak: omtrent 30
Bereidingstyd: 30 minute
Baktyd: 10 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
300 ml (165 g) koekmeel
65 ml (55 g) strooisuiker
135 ml (125 g) koue botter
1 ml amandelgeursel
125 ml (50 g) gemaalde amandels
1 groot eiergeel
VERSIERSEL
250 ml (130 g) versiersuiker, gesif kos kleursel in die kleure van jou
keuse.
1 Meng die meel en suiker saam in 'n mengbak of
voedselverwerker. Voeg die botter by en vryf of pols dit totdat die mengsel
soos droë broodkrummels lyk. Meng die amandelgeursel, fyn amandels en eiergeel
by.
2 Maak 'n bol met die mengsel en bedek dit met
kleefplastiek. Sit dit vir 30 minute in die yskas.
3 Rol die deeg tussen twee velle waspapier uit tot
'n dikte van 5 mm. Gebruik 'n ravioli snyer of messie en sny die deeg in
driehoekies. Lig die vormpies versigtig en pak dit op 'n gesmeerde en gevoerde
bakplaat. Bak dit in 'n verhitte oond vir 10 tot 12 minute of tot goudbruin.
4 Versiersel Meng 'n bietjie warm water in die
versiersuiker en maak 'n glans versiersel. Verdeel dit in twee of drie
verskillende bakkies en kleur dit met die kos kleursel. Versier die driehoekies
met die versiersel.
http://peterjasie.co.za
No comments:
Post a Comment