Monday, November 3, 2014

Koffiepoeding - mikrogolf resep



Koffie Poeding – Mikrogolf resep

80 ml Koekmeel
2 ml Bakpoeier
30 ml Suiker
25 g Margarien
30 ml Melk
1 Eier
30 ml Stroop of Konfyt

Daar is geen Koffiepoeier in die resep aangedui nie.

Gebruik 5ml Espresso poeier of ander sterk koffie poeier.

Of gebruik Suzette se raad hier onder.

Smeer 2 groot Koppies met Margarien.
Sif al die droë bestandele saam , smelt margarien 1 min in mikrogolf.
Voeg melk , eier by margarien , meng goed saam.
Voeg meelmengsel by , meng deeglik tot glad.
Skep 15 ml stroop of konfyt onder in koppies.
Verdeel deeg in 2 , skep in elk koppie deeg.
Bedek liggies met kleefplastiek , Mikrogolf 2 min op 100 % krag.
Laat 5 min staan in mikrogolf .
Haal uit , keer uit op klein bordjie, bedien met Vla.

Grietjie Handgemaak Gebak Tuisgemaak

Good day

I added 15ml cocoa and used condensed milk caramel in the bottom. It is devine! Serve it with cold running dairy cream.

Good day

Suzette

 

_

Dik Groente Sop

Dik Groentesop (1 groot Kastrol)

½ kg 'Lean' Maalvleis
½ kg 'Chuck' - blokkies gesny
¾ Pakkie of Boksie 4 in 1 sopmengsel
1 kop fyn gesnyde seldery
½ kop fyn gesnyde pietersielie
1 groot gerasperde ui
2 groot gerasperde aartappels
1 groot gerasperde tamatie
1 kg gerasperde wortels
1 Blikkie boontjies in tamatiesous 'Bakebeans' (Om te verdik)
1 Pakkie groentesoppoeier aangemaak in 1 kop water (Om te verdik)
sout en peper na smaak.

Metode:

1. Kook 'chuck', maalvleis, sopmengsel, seldery, pietersielie, uie, tamatie en wortels totdat die vleis sag gekook is. Die vleis kan vooraf ook sag gekook word vir 'n rukkie. Hou die kastrol sowat ¾ vol met water soos jy kook. (Sowat 'n uur tot 'n uur en half)
2. Gooi gerasperde aartappel by en kook tot sag saam met die res van die sop.
3. 'Mash' die 'bakebeans' fyn en gooi by die res van die sop en ook die soppoeier wat aangemaak is met 1 kop water - kook vir nog so 20 min totdat alles deurgekook is. Gooi sout en peper by na smaak.
4. Die sop vries ook baie lekker en dit smaak altyd baie lekkerder as dit gevries was - weet nie hoekom nie.


 

 

Resep van www.peterjasie.co.za

 



__._,_.___

Ertjie Sop

 

 

Ertjiesop

15 ml. sonneblomolie
1 ui ( geskil, gekap )
125 g. spekvleis ( gekap )
1 knoffelhuisie ( gekneus )
2 ml. vars neutmuskaat ( gerasper )
250 g. split-ertjies
1,5 Liter groente-aftreksel
sout en peper
2,5 ml. suiker
150 ml. room
vars pietersielie vir garnering ( gekap )

Verhit olie en soteer ui daarin tot sag en deurskynend. Voeg spekvleis by en braai tot dit begin bros word. Voeg knoffel by en roerbraai vir sowat 1 minuut. Roer neutmuskaat, ertjies en aftreksel by. Bedek en laat prut vir 1 uur of tot ertjies sag is. Geur na smaak, roer suiker en room by en verhit tot deurwarm. Garneer met pietersielie.
Indien verkies kan 250 g. jambon-ham, in blokkies gesny, saam met ertjies bygevoeg word.
Split-ertjies is geel of groen en het 'n soeterige smaak. Kook saam met uie en wortels en geur met 'n lourieblaar en grof gemaalde sout en peper - 1 1/2 uur vir geweekte en 2-2 1/2 uur vir ongeweekte ertjies.      

Lensie Sop

 

Lensiesop

1 pakkie bruin lensies
2 pk sopgroente (wat mens in die groentewinkels kry)
1-2 pk sopbene (maw 2-4 sopbene na gelang van wat jou beursie sê)
2-4 aartappels (die soort wat maklik blus, waarvan mens kapokaartappels
maak)
geurmiddels

Gooi die vleis en sopbene in 'n 5 liter kastrol wat driekwart met water gevul is. Plaas op die stoof en laat solank vinnig kook terwyl die groente gekerf word. Ek rasper sommer alles wat gerasper kan word op die growwe kant van die rasper. Die res kerf ek fyn - met die hand of voedselverwerker.
Moenie te veel rape ingooi nie. Ek vind dit maak die sop efffens bitter. Sodra die groente klaar gekerf is, gooi ek dit by die res in die pot en laat stadig kook. Soms hou ek die aartappels uit tot so 20 minute voor ek dit opskep om te keer dat die aartappels heeltemal fyn kook.
Vul maar nou en dan aan met water indien nodig. Gooi sout, peper, Aromat, Worcestersous, tamatiesous of -pasta na smaak by. 'n Tritseltjie blatjang is ook nie onvanpas nie - pasop vir te veel anders gee dit die sop 'n soeterige geurtjie.

 

Baba Aartappel gereg vir braaivleis

BABA AARTAPPEL GEREG ( vir braaivleis )

 

Kook 4 baba aartappels per persoon tot ½ gaar in soutwater

Gooi 3 baba uie per persoon by en kook tot aartappels gaar is. Gooi water af. 

Stooi 2 Eetlepels Ina Paarmans Garlic & Herb spices oor

Gooi + ½ Bottel Sundried Tomatoes & Olive oil sous oor

Gooi 1 Pak heel Mushrooms by  ( Opsioneel )

Braai tot alles goudbruin en sticky is

http://lekkerresepte.blogger.com

www.facebook.com/ResepteRecipes

 

 

Groente gebak

GROENTE GEBAK  (vir spesiale geleenthede )

 

Potjiekos groente ( Baba aartappels, baba uie, mielies, mushrooms, baba wortels, pattypans ens.. ) en baie belangrik, patats-ongeskil in 3cm ringe gesny.

Was groente en droog af.  Gooi in ‘n bak en maak seker alles is met olyfolie besmeer . Gebruik sommer julle hande en meng die olie en groente.

 

Gooi alles in ‘n groot plat oondbak in ‘n enkel laag .

Stooi redelik Ina Paarmans Garlic & Herb bo oor. Drizzel nog Olyf olie oor indien nodig sodat die groente ½ pad in die Olie lê.

Bak @ 180 grade bedek vir 1 uur en haal foelie af vir nog 10 minute sodat alles goudbruin braai. 

http://lekkerresepte.blogspot.com

 

Kerrie Uie

Kerrie Uie  

 

Bestandele

 

2 Kg                      Uie

400 Ml                  Fyn Appelkoos Konfyt

400 Ml                  Druiwe Asyn        

125 Ml                  Suiker

7 Ml                      Borrie

5 Ml                      Sout 

2 Eetl                    Kerrie

 

Metode

 

-                      Sny Uie In Ringe En Plaas In Groot Skottel – Moenie Uie Afspoel Nie;

-                      Meng Konfyt, Asyn, Suiker, Kerrie, Borrie En Sout;

-                      Gooi Oor Uie En Meng Baie Goed;

-                      Bedek Skottel En Laat Oornag Staan;

-                      Roer Volgende Oggend Weer Goed En Skep In Bottels.

http://www.facebook.com/resepterrecipes