GROENTE GEBAK (vir spesiale geleenthede )
Potjiekos groente ( Baba aartappels, baba uie, mielies, mushrooms, baba wortels, pattypans ens.. ) en baie belangrik, patats-ongeskil in 3cm ringe gesny.
Was groente en droog af. Gooi in ‘n bak en maak seker alles is met olyfolie besmeer . Gebruik sommer julle hande en meng die olie en groente.
Gooi alles in ‘n groot plat oondbak in ‘n enkel laag .
Stooi redelik Ina Paarmans Garlic & Herb bo oor. Drizzel nog Olyf olie oor indien nodig sodat die groente ½ pad in die Olie lê.
Bak @ 180 grade bedek vir 1 uur en haal foelie af vir nog 10 minute sodat alles goudbruin braai.
http://lekkerresepte.blogspot.com
No comments:
Post a Comment