Friday, January 13, 2017

Resepte: turksfy konfyt resepte



TURKSVY KONFYT
Ek het die resep reg uit die Kook en Geniet gaan haal, maar het astrant 'n bietjie komynsaadjies en suurlemoensap bygevoeg. Heerlik!
500 g geskilde turksvye
2 koppies suiker
2 ¼ koppies water
2 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel komynsaad
Knypie sout
METODE:
Sit die suiker en water in 'n pot en bring tot kookpunt. Plaas dan die turksvye, suurlemoensap en komyn by die stroop. Kook stadig vir so ¾ uur tot sag en deursigtig. Bottel en bêre.
Bron: Rapport / Anel Potgieter

 

URKSVY KONFYT
Skil 1 kg ryp turksvye dun af en sny dit in klein stukkies op.
Voeg 625 ml water by.
Verhit dit tot kookpunt en kook dit 'n kwartier lank met die deksel op.
Haal die kastrol van die stoof af.
Voeg 375 g witsuiker, die sap van 'n halwe suurlemoen, 1 knoets gekneusde, gedroogde gemmerwortel en 'n knippie sout by die warm turksvymoes.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Kook dit oor matige hitte totdat die konfyt helder en dik is.
Verwyder die gemmer en gooi dit weg.
Sep die skuim af.
Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.
BRON:Labels: Inmaak / Preserveer resepte

TURKSVY FYNKONFYT: [MAAK TUIS EN NEEM SAAM]
Skil 1kg ryp turksvye dun af en sny dit in klein stukkies op.
Voeg 625ml water by, verhit dit tot kookpunt en kook dit 'n kwartier lank met die deksel op.
Haal die kastrol van die stoof af.
Voeg 375g wit suiker, die sap van 'n halwe suurlemoen, 1 knoets gekneusde, gedroogde gemmerwortel en 'n knippie sout by die warm turksvymoes.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Kook dit oor matige hitte totdat die konfyt helder en dik is. Verwyder die gemmer en gooi dit weg.
Skuim die konfyt af, indien nodig.
Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.
Bron; Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK


TURKSVYKONFYT

 

TURKSVYKONFYT
Skil1 kg ryp turksvye dun af en sny dit in klein stukkies op.
Voeg 625 ml water by.
Verhit dit tot kookpunt en kook dit 'n kwartier lank met die deksel op.
Haal die kastrol van die stoof af.
Voeg by: 
375 g witsuiker, sap van 'n halwe suurlemoen,
1 knoets gekneusde, gedroogde gemmerwortel
knippie sout 
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Kook dit oor matige hitte totdat die konfyt helder en dik is.
Verwyder die gemmer en gooi dit weg.
Skep die skuim af.
Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.
Bron: Inmaak / Preserveer resepte


TURKVY KONFYT

 

HEEL TURKSVY KONFYT
Skil 1kg ongeveer 10-12 klein -mediumgroot turksvye....
Daar gaan soveel in 'n heuningbottel, prik met langtand vurk dwarsdeur turksvy, Kook in 1liter water tot deurskynend raak, dreineer.
Gebruik water vir stroop
Voeg 4kop suiker by water plus halwe suurlemoen se sap en roer tot al die suiker opgelos is
Laat kook die stroop en skep die turksvye een een in kokende stroop
Stel stoofplaat af tot nr 4-5 en kook konfyt tot stroop soos lawa borrel en vrugte heeltemal deurskynend is.
Ongeveer 4 ure se kook
Bottel warm in warm bottels en verseël dadelik.
Die vrugte behoort heel te bly.
Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes /  WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

 

 

Prickly pear and chilli chutney 16 prickly pears

500 gr onion

1 teaspoon ground ginger

50 ml white vinegar

150 g sugar

1 teaspoon salt

1 stick cinnamon

1/2 teaspoon chopped fresh chilli

Peel the pears, leave 2 whole, cut into small pieces and pass them to other food mill to remove seeds.Add all other ingredients in a bowl and leave for 2 hours.Cook over very low heat for about 2 hours, stirring often, checking the consistency should be like a jam.

Put into sterilized jars, seal and let cool upside down.( Italiaanse vriend )

Foto: google

Carol Elliott Claassen

 



__._,_.___


Posted by: "Koekoes2213" <koekoes2213@gmail.com>




http://groups.yahoo.com/group/resepte
Subscribe: resepte-subscribe@yahoogroups.com
List owner: resepte-owner@yahoogroups.com

http://www.facebook.com/ResepteRecipes

Forward or send anything you would like to share to: eposvriende-owner@yahoogroups.com


http://geo.yahoo.com/serv?s=97476590/grpId=31643685/grpspId=1705042000/msgId=903/stime=1484050193

 

__,_._,___

No comments:

Post a Comment