Showing posts with label Gemmerbier. Show all posts
Showing posts with label Gemmerbier. Show all posts

Wednesday, December 11, 2013

Gemmerbier met Jamaika gemmer

Gemmerbier GEMMERBIER
      
As jy weer een Saterdagoggend opstaan, slaan dit vinnig aanmekaar en by vanaand drink jy rustig jou gemmerbier.  
Dis so mooi as die rosyne uitdy en boontoe kom in die bottel. J

Jy moet n emmer he met n deksel  wat dig sluit.
En begin al die lee plastiek koeldrankbottels bymekaar maak.

BENODIG:

7 x 750 ml louwarm water
5 x 250 ml witsuiker
10 ml Lennons Jamaika-gemmer ( koop by jou supermark of by die apteek)
10 ml kitsgis ( 1 pakkie)
40 rosyne


Meng die kitsgis en  10 ml suiker in n houer
Gooi 125 ml louwater op die suiker/kitsgis mengsel.  
Laat dit eenkant staan.  
  

Resep van marindakook.com

Gemmer (Bets se resep)

GemmerBier (Bets se resep) Gemmerbier (Bets)

Meng 1 Koekie Suurdeeg met 1 liter bloed lou water.

Gooi die volgende in ‘n emmer en meng:
14 Liter water
6 E gemmers
3 of 4 hande vol rosyne
2E Kremetart
2.5kg suiker

As die suurdeeg bietjie begin “borrel” meng met die res van die bestandele en laat staan vir 2 dae om te gis.

Syg (Sif) deur ‘n doek.
Gooi in glas bekers or lee koeldrank bottels en verkoel.

Baie belangrik:  Onthou om die prop styf toe te draai nie.
Die prop moet net liggies op die bottel wees.
Die gemmerbier bou gas op.

Gemmerbier 2

Gemmerbier 2 Gemmerbier No 2

800 g Suiker (4 x 250 ml)
4.5 Liter Water
15 ml gemaalde gemmer
20g Saamgeperste suurdeeg (1 Koekie)
4 ml Kremetart
4 ml Wynsteensuur
12 Sultanas, gekneus

1.    Roer al die bestandele saam in ‘n groot emmer totdat die suiker opgelos is.
2.    Plaas die deksel op en laat die Gemmerbier ongeveer 12 uur lank staan.
3.    Die sultanas behoort bo-op te dryf na q12 uur.
4.    Syg die Gemmerbier deur.
5.    Giet die Gemmerbier in gesteriliseerde bottels – vul die bottles tot by die nekke.
6.    Verseël dit.
7.    Verkoel die gemmer bier voor gebruik
8.    Laat Gemmerbier ‘n paar dae staan nadat dit ge bottel is – dan is dit éérs lekker.