Mokka kaaskoek
Kors:
2x200g Romany Creams
80ml gesmelte botter
Vulsel:
10ml gelatien
250ml room
2x250g geroomde maaskaas
15ml kitskoffie-poeier
2x100g plakke sjokolade
Maak die beskuitjies fyn. (In ‘n
voedselverwerker indien beskikbaar).
Meng met die botter en druk teen die kante en
op die bodem van ‘n tertbord vas.
Verkoel.
Strooi
die gelatien oor 30ml water.
Verhit totdat die gelatien gesmelt is, maar dit moenie kook nie. Klits die room styf en vou by die maaskaas
in.
Los die koffiepoeier op in 15ml kookwater en
voeg dit saam die gesmelte gelatien by die roommengsel.
Meng goed deur.
Smelt die sjokolade oor kookwater of in die
mikrogolfoond.
Roer elke nou en dan tot gesmelt.
Voeg by die roommengsel en vou in sodat die
mengsel in marmer voorkoms het.
Giet in die voorbereide kors en verkoel tot
gestol.
Resep:
Anna Eksteen