Tuesday, December 2, 2014

Aarbei Konfyt Koekies

 



AARBEI KONFYT KOEKIES
Genoeg vir 24 koekies.
Hier is ’n grootmens weergawe van die bekende Jolly Jammers waarop kinders so dol is.

400 g botter (435 ml)
200 g versiersuiker (385 ml)
10 ml vanielje geursel
4 eiergele
500 g koekmeel (890 ml)
knippie sout
1 x 160 g fles sagte aarbei konfyt

Room botter, versiersuiker en vanielje geursel met ’n elektriese menger tot lig en romerig in middelslag mengbak.
Voeg eiergele by en meng goed.
Voeg koekmeel en sout by en meng tot ’n sagte koekiedeeg.
Verdeel deeg in 2 gelyke dele, draai elkeen in kleefplastiek toe en laat rus in yskas vir 25 minute.
Strooi dun lagie koekmeel op werkvlak.
Rol elke bal koue deeg met koekroller uit tot sowat 5 mm dik.
Smeer konfyt op een deel deeg en plaas tweede een bo op, druk stewig vas.
Plaas op bakplaat en sit in vrieskas tot hard.
Verhit oond tot 180 ° C.
Sny bevrore deeg met ’n skerp mes in netjiese reghoek.
Meet porsies van 2 cm breed en sny lang koekies.
Plaas op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en met kleefwerende kossproei gespuit is.
Bak 12 –15 minute of tot goue tee kleur.
Laat afkoel tot hard.



No comments:

Post a Comment