Crunchi-krummeltert
LEWER 6 GLASE
Bereiding: 30 minute
Verkoeltyd: 1 uur
500 ml (2 k) room, verkoel
1 blik (360 g) karamelkondensmelk
2 pakke (200 g elk) Tennisbeskuitjies, fyn gemaak
4 Crunchie-sjokolades, grof gekap
1. Klits die room styf en vou die karamelkondensmelk versigtig in.
2. Pak 'n laag Tennisbeskuitjies in elke glas, gevolg deur 'n laag Crunchies en die karamelmengsel.
3. Laat 1 uur in die yskas afkoel voor dit voorgesit word.
Monday, December 15, 2014
Crunchie krummel tert in glase
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment