Friday, December 19, 2014

Teetyd rosyne skons

TEETYD ROSYNE SKONS

500ml meel
80ml strooisuiker
15ml bakpoeier
1ml sout
125g botter
1 eier, geklits
5ml vanielje-ekstrak
160ml melk
250ml rosyne
1 eiergeel, geklits (vir eierwas)

 

Voorverhit die oond tot 180°C.
Smeer een of twee bakplate en voer met bakpapier uit.
Meng die meel, strooisuiker, bakpoeier en sout in ’n bak.
Voeg die botter by en vryf met jou vingerpunte tot die mengsel soos growwe broodkrummels lyk.
Roer die eier en vanielje-ekstrak in.
Voeg die melk stadig by terwyl jy roer tot die droƫ bestanddele net klam is.
As die deeg klewerig word, hou op melk byvoeg en werk nog ’n bietjie meel in indien nodig.
Roer die rosyne in.
Rol die deeg liggies tot ’n dikte van 3 cm uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is.
Sny skons met ’n ronde koekiesnyer uit.
Maak die afsnysels bymekaar, rol weer uit en sny nog skons uit.
Verplaas die skons na die voorbereide pan en laat genoeg ruimte tussenin vir uitsit wanneer bak.
Verf die bokante met die eiergeelwas en bak 15 minute of tot goudbruin.

Facebook: www.facebook.com/lekkerresepte.eposvriende

Uit Anna Eksteen se nuusbrief.

Jy kan haar e-boeke koop. Message my vir haar info. resepte-owner@yahoogroups.com

(Uit Anna Eksteen se nuusbrief)

Koop Anna se e-boeke by Kalahari

 

No comments:

Post a Comment