Friday, December 19, 2014

Spoggerige gevulde hoenderborsies - Huisgenoot resep

Spoggerige gevulde hoenderborsies  - Huisgenoot resep

8 hoenderdye
sout en vars gemaalde swartpeper
50 g spinasie, fyn gekap
2-3 murgpampoentjies, gerasper
1 klein ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
80 g fetakaas, gekrummel
1 eier, geklits
sap en skil van 1 klein suurlemoen
40 ml (8 t) olyfolie
vars kruie, roketblare of spruite vir garnering

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak met kossproei of olie.

Geur die hoenderdye met die sout en peper.
Meng die spinasie, murgpampoentjies, ui, knoffel, fetakaas en eier. Geur dié vulsel met die sout, peper en suurlemoensap en -skil.
Lig die hoendervel aan die een kant op; sorg dat jy nie die vel heeltemal aftrek nie.
Skep lepels vol van die vulsel en druk dit onder die vel in. Steek die vel met peuselstokkies vas.
Pak die hoender in die voorbereide oondbak en bak 30-40 minute of tot gaar.
Bedruip die hoender tydens die baktyd met die pansappe en die olie; so word die vel lekker bros.
Garneer met die vars kruie, roket of spruite.

 

 

Facebook:  http://www.facebook.com/ResepteRecipes

Recipes in English - with the word.doc
http://groups.yahoo.com/group/english_recipes
Subscribe: english_recipes-subscribe@yahoogroups.com

 

No comments:

Post a Comment