Kaas en uie beskuitjies
500ml koekmeel
4ml sout
2ml rooi peper as jy wil bietjie meer
1pakkie wit uie sop
6ml bakpoeier
120ml stork bake
300ml kaas gerasper
2 eier gele
100ml yswater.
Voorverhit oond 190 C
Metode. Sif al die droe bestandele behalwe uie sop in n mengbak gooi dan soppoeier by,vryf botter met vingerpunte in meelnengsel en meng dan die kaas by,klits eiergele ligies saam die water en gooi oor die droe mengsel.Sny die vloeistof met n mes in die mengsel om n deeg te vorm.Verkoel vir 15min Rol deeg uit en druk uit met koekie drukker if sny in vingers
Bak in voorverhitte oond vir 10 min, laat op bakplaat afkoel
*Elize Gouws via Facebook Boerekos Kookengeniet
No comments:
Post a Comment