Friday, May 29, 2015

Kool in Tinfoil.

Kool in Tinfoil.
1 medium grote koolkop
125ml regte botter
1 houertjie room
1 koppie kaas in skywe gesny.
Sny die koolkop in skywe so 3cm uitmekaar soos wat jy 'n knoffelbrood sal sny. Moenie deursny tot onder nie. Die koolkop moet nog onder aanmekaar wees. Sny die botter in skywe en pak in die gleuwe saam met die kaas. Sprinkel mildelik met Aromat, knoffelsout of enige ander geurmiddel. Gebruik nou twee lang stukke swaar foelie en plaas dit oormekaar in die vorm van 'n kruis. (Blink kant binne) Vou die kool nou versigtig toe en maak seker daar is nĂªrens 'n gaatjie nie. Los net 'n klein opening aan die bo-kant. Gooi nou die room by die opening in en maak die kool deeglik toe. Dit is belangrik dat die kool baie goed toegedraai is. Gebruik meer foelie indien nodig. Sit die koolkop nou in die kole en bak so ongeveer 'n 1uur. Die kool sal heerlik sag wees en is 'n treffer. Tot kinders eet kool! Vir variasie kan jy gebraaide spek en sampioene ook bysit. Heerlik

No comments:

Post a Comment