Maklike Souttert
Ideaal vir ligte aandete
4 OF 5 KOPPIES VAN WAT OOK AL JY HET – BV:
500 ml gerasperde Vienna’s
125 ml gerasperde/fyngekapte ham of polonie
1 pak ontbytspek gesnipper (die sonder die harde rand!)
500 ml gerasperde kaas
250 ml melk
2 eiers geklits
12.5 ml mosterdpoeier
1 fyngekapte ui
10 ml droë pietersielie
30 ml koekmeelblom
sout en peper na smaak.
Meng alles saam en gooi in ‘n gesmeerde bak. Bak 30 min by 180 C.
No comments:
Post a Comment