Monday, July 17, 2017

Hot Toddy
























Hot toddy


Ek wou dooi die eerste keer toe ek ‘n Hot Toddy proe, dit was gal bitter en baie sterk. Op ‘n keer werk ek in ‘n restaurant as student en het hierdie resep af gekyk by die kroegman. Wanneer ek verkouerig is werk die gemmer sommer heerlik om die liggaam te detox!

Resep
160ml Rum, donker is beter
25ml Strooisuiker
1 Ster anys
1cm Snytjie, Vars gemmer wortel (opsioneel)
2k Kook water

Metode:
1. Plaas die bestanddele in ‘n plunger keteltjie en roer baie goed sodat die suiker oplos. Laat vir 5 minute vir die geure om te trou. Bedien warm. Jy kan so ‘n tjirtsie heuning by sit vir die soettande...

2. Vir variasie kan sitrus ook ingebring word deur skyfies saam te bedien.


Bron: Annelien Pienaar, 2016, epos: boerekostwist@gmail.com
Hoeveelheid: 2 koppies (Resep kan met gemak vermeerder word)

No comments:

Post a Comment