Thursday, May 18, 2017

Gebakte sjokolade poeding in sjokolade

Gebakte sjokolade poeding in sjokolade

(baie lekker en ‘n treffer - even vir mense wat nie gebakte poedings eet nie, vervreet hulle hieraan)

1 kop meelblom
1 ½ eetlepel kakao
¾ kop melk
1 tsp vanilla
1 eier
½ tsp sout
¾ kop suiker
¼ gesmelte botter (moenie try en dit met kookolie vervang nie)
2 tsp bakpoeier

Klits die botter en suiker saam tot romerig. Klits die eier goed en voeg geleidelik by (of as jy soos ek ‘n haastige slap-dash kok is, breek die eier in die botter en suiker mengsel en klits tot lig). Sif die droe bestandele saam en voeg dit om die beurt saam met die melk by die botter mengsel in (al ooit gewonder hoekom beurtelings? Anders as jy oorhastig is met die stappie eindig jy met ‘n wit gesig vol meelblom as jy daai klitser opstart nog voor jy behoorlik al die melk by gevoeg het).

Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde bak en gooi die volgende sous bo-oor:
1 kop kookwater
1kop suiker
2 eetlepels kakao,

wat gou saam gekook is (en moenie dit try kook in die mikrogolf oond nie, dis nou maar net nie dieselfde nie). Gooi die warm sous oor die agter kant van ‘n sop lepel of desertlepel as jy dit oor die beslag gooi. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180 grade vir 30 min. Bo-op het jy so lekker sjokolade spons en onder die spons die lekkerste, taaierige sjokolade toffie sous. Eet saam met roomys.

Bron:  ww.facebook.com/ susan.geldenhuys1

Resepte Blog   http://lekkerresepte.blogspot.co.za
English Recipes Blog  http://recipes-english.blogspot.co.za

No comments:

Post a Comment