Tuesday, May 30, 2017

Liplekker Resepte 30 Mei 2017

 

Hierdie ster resep is al 'n ruk gelede op die webwerf geplaas. Meermin het die resep na Eskort toe gestuur en die resep kom in 'n baie spesiale uitgawe van Eskort.

Dankie Meermin

Ek het die volgende van Meermin ontvang:

Wil julle maar net laat weet dat ek met hierdie resep van my, die Eskort kompetisie gewen het!! Die resep gaan in hulle 100 jaar resep boek verskyn!

Bestanddele
450 ml melk
1 pak Bacon (die fyn een)
500 ml Cheddar kaas (ek gebruik baie meer, rasper ook enige soort wit kaas omtrent selfde hoeveelheid) DALK MOET EK DIE TERT MEERMIN SE KORSLOSE KAAS SOUT TERT noem ;-)
125 ml koekmeelblom
3 eiers geklits
1 ui (fyn gekap) kan twee uie ook gebruik
Sout
AROMAT
Pepper
Sweet Basil of Parsley (droog) na smaak

Meng alles saam. Smeer 'n oondvaste bak. Skep daarin en bak tot gaar. Kan ronde Pyrex bakke of langes

Display problems? View this newsletter in your browser.

Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.PSALMS 118:24 AFR83

Gaan loer gerus in by http://www.radiokansel.co.za/index.php

My Epos adres is frik.lombard@gmail.com

Koekoes se Epos adres is koekoes2213@gmail.com

Frik, Isabel en Koekoes 

 

Hierdie ster resep is al 'n ruk gelede op die webwerf geplaas. Meermin het die resep na Eskort toe gestuur en die resep kom in 'n baie spesiale uitgawe van Eskort.

Dankie Meermin

Ek het die volgende van Meermin ontvang:

Wil julle maar net laat weet dat ek met hierdie resep van my, die Eskort kompetisie gewen het!! Die resep gaan in hulle 100 jaar resep boek verskyn!

Bestanddele
450 ml melk
1 pak Bacon (die fyn een)
500 ml Cheddar kaas (ek gebruik baie meer, rasper ook enige soort wit kaas omtrent selfde hoeveelheid) DALK MOET EK DIE TERT MEERMIN SE KORSLOSE KAAS SOUT TERT noem ;-)
125 ml koekmeelblom
3 eiers geklits
1 ui (fyn gekap) kan twee uie ook gebruik
Sout
AROMAT
Pepper
Sweet Basil of Parsley (droog) na smaak

Meng alles saam. Smeer 'n oondvaste bak. Skep daarin en bak tot gaar. Kan ronde Pyrex bakke of langes gebruik maak geen verskil nie. Lekker eet, in my huis word hierdie tert net nooit koud nie.



 

Griekse Skaapboud

1 x 1,5 kg ontbeende, gevlekte skaapboud
¼ koppie olyfolie
¼ koppie vars suurlemoensap (verkieslik nie gebottelde suurlemoensap nie)
1 teelepel gedroogde roosmaryn...
1 knoffeltoontjie, gekneus (as jy van baie knoffel hou, kan jy meer bysit)
Sout en peper na smaak

Metode
Sit die skaapboud in ’n plastiekbak met ’n deksel in yskas.
Marineer dit oornag in die bestanddele hierbo genoem (behalwe die sout en peper) en draai die boud een maal om.
Sit die vleis op ’n rooster en braai dit oor lae hitte vir ongeveer twee uur of tot dit gaar genoeg is volgens jou smaak.
Sprinkel sout en peper oor en sit voor met die volgende jogurtsous
Vleis sny makliker in skywe as jy dit vir sowat 10 minute laat “rus” voordat jy dit sny.

Jogurtsous
2 eetlepels botter
4 eetlepels koekmeel
1 x 150 ml houer gewone jogurt
1 x 500 ml houer karringmelk
1 teelepel droë pietersielie (EK gebruik vars pietersielie meng laaste in)
2 teelepels droë grasuie (Vars)
¼ teelepel sout
¼ teelepel peper

Smelt die botter oor lae hitte in ’n kastrol en roer die meel by.Roer dit vinnig totdat die klonte opgelos is en voeg die res van die bestanddele by.
Laat dit vir ’n minuut of twee saggies prut (die jogurt sal skif as daar te veel hitte is) en sit voor saam met die vleis

Resep ontvang per Whatsapp

Read more.

 

Opi Plot

 

BAKPOEIER VETKOEK

Resep ontvang per whatsapp

 

375 ml koekmeelblom

10 ml bakpoeier

15 ml suiker

2 ml sout

2 eiers

180 ml melk

Olie vir braai

 

Meng die meel, bakpoeier, suiker en sout in ’n bak.

Klits die eiers en melk saam en voeg by die droë bestanddele.

Klits tot ’n dik, gladde beslag vorm.  Voeg ’n paar druppels melk by as die beslag te dik is.

Verhit olie in ’n pan.  Moenie dit te warm maak nie, anders brand die vetkoeke voor dit deur gebak is.

Braai groot eetlepels vol van die mengsel in die olie tot goudbruin aan albei kante en deur gaar.

Dreineer op kombuispapier en sit warm voor. Eet met botter, appelkooskonfyt of stroop en gerasperde kaas.

 

Lewer 6-8 vetkoeke

 

 

 

Read more.

 

 

DIABETIESE MELKTERT

Joey Hanekom

KORS
60 gr margarien, 12,5 ml olie, 2 ml NATREEN vloeibare versoeter (vervang 25 ml suiker),
2 ml vanieljegeursel, 1 eier, geklits, 65 gr volkoringmeel, 60 gr koekmeelblom, 5 ml bakpoeier.
1. Room marg, olie, versoeter en geursel.
2. Klop eier by margarienmengsel.
3. Meng meel en bakpoeier. Roer by margarienmengsel om 'n sagte hanteerbare deeg te vorm.
4. Druk deeg in tertbord vas (250 mm-deursnee). Prik met vurk.
5. Bak 180 grade C vr 20 min tot ligbruin en gaar.

VULSEL:
500 ml afgeroomde melk,
25 ml koekmeelblom,
25 ml mielieblom,
12,5 ml vlapoeier,
125 ml afgeroomde melk,
2 geklitste eiers,
5 ml NATREEN vloeibare versoeter,
5 ml vanielje geursel,
2 ml amandelgeursel,
fyn kaneel.
1. Verhit melk tot kookpunt.
2. Meng Meel, mielieblom, vlapoeier en melk tot glad en klontvry.
3. Roer meelpasta in dun straaltjie by kokende melk. Roer en kood tot dik en gaar.
4. Roer van die gaar vlavulsel by eier. Gooi als terug in kastrol. Roer en kook vr 2 min.
5. Roer versoeter en geursel by. Skep in gaar tertkors.
6. Strooi kaneel oor vulsel. Laat afkoel voor dit gesny word. Verkoel melktert tot gebruik.
MELKTERT is heerlik!!!!!

Read more.

Teken Uit - Edit your subscription

Frik Lombard
Posbus 1338
Nigel
1490
frik.lombard@gmail.com

No comments:

Post a Comment