Monday, May 22, 2017

GEMAALDE VLEIS BREDIE

WILDSVLEIS /GEMAALDEVLEIS BREDIE MET GEBAKTE PERE EN SKORSIES

Bestanddele
750 g Wildsvleis gemaal of Beesmaalvleis
2 x groot uie een opgesny die ander een fyn gerasper
100gr blok spekvleis in klein blokkies gesny250gr ontvriesde  ertjies, hou eenkant moenie kook nie
2 wortels, in klein blokkies  gesny
3 blokkies biefekstrak in warm water opgelos
2 groot aartappels, in blokkies gesny
4 x tamaties geskil en opgekerf
1 koppie water
Olie
sout en peper na smaak
60ml gemaalde koljander
Knypie gemaalde naeltjies
40ml neutmuskaat
Knypie rooipeper
Mengsel van mielieblom, bruin uiesop, room van tamatiesop, room van sampioensop en bisto
2 X kwepers in kwarte gesny stronk en pitte verwyder
Suurlemoensap
Bruinsuiker
Botter
1 x koppie Gaargemaakte stampmielies of rys (hier het ek rys gebruik)
Skorsies in die helfte gesny en pitte verwyder
Metode vir die vleis
  1. Braai die gekerfde ui in die olie tot goudbruin.
  2. Met jou hande werk die spek, vleis en droë bestanddele goed deur asook die gerasperde ui
  3. Braai die maalvleis mengsel tot amper gaar roer nou die gekerfde tamaties by
  4. Voeg die koppie water en groente by behalwe die ertjies
  5. Laat dit vir 20 minute prut tot dit sag is.
  6. Voeg die ekstrak by en prut vir nog 10 minute.
  7. Ek voeg nou 'n mengsel van mielieblom, bruinuiesop, room van tamatiesop, room van sampioenesop en bisto by
  8. Prut tot  sous verdik
  9. Verwyder van hitte en roer nou die ertjies by
  10. Bedien op die stampmielies./rys
Metode vir die kwepers
Voorverhit oond tot 200c
  1. Sprinkel die kwepers dadelik met suurlemoensap
  2. Smeer nou die kwepers met die botter
  3. Sit die kwepers in 'n oondvaste skottel.
  4. Plaas die oondskottel in 'n bak met water
  5. Sprinkel nou die bruinsuiker oor die kwepers
  6. Bak in die oond tot sag en gaar
  7. Maak intussen die skorsies gaar (ek verkies om dit te stoom)
  8. Plaas bietjie botter in die skorsie en sprinkle bruinsuiker oor
OPDIENING;
  1. In die middle van die bord skep die stampmielies/rys
  2. Skep nou die vleismengsel bo-op
  3. Rangskik nou die kwepers en skorsies weerskante

No comments:

Post a Comment