Ongebakte grondboontjie botter blokkies
Kors:
1 x 200g pakkie tennis koekies
Knippie fyn kaneel
90gram botter, gesmelt
Vulsel:
250g botter
250ml growwe grondboontjie botter
625ml versiersuiker, gesig
625ml Rice Krispies
Bolaag:
200gram wit sjokolade
24ml gladde grondboontjiebotter
Metode:
Voer n ban 30cm x 20cm met bakpapier uit.
Kors: Maak die koekies fyn en voeg die kaneel en botter byt. Druk ti op die bodem van die bak vas.
Vulsel: Smelt die botter in n kastrol en roer die grondboontjiebotter by tot gesmelt.
Verwyder van hittet en voeg die versiersuiker by en meng goed.
Roer dan die Rice Crispies by en roer deur.
Skep dit op die kors en maak dit gelyk bo op.
Verkoel vir 2 ure.
Bolaag: Smelt die sjokolade in n dubbelkastrol of in die mikrogolf oond op 70% krag.
Roer die grondboontjiebotter by en meng goed.
Smeer die bolaag oor die bulsel laat dit stol.
Sny in blokkies en bere in n lugdigte houer in die yskas
Oorspronklike resep: Vrouekeur: 50 gesinsresepte1, Malo Carstens
Resepte Blog http://lekkerresepte.blogspot.co.za
English Recipes Blog http://recipes-english.blogspot.co.za
ePosVriende blog http://eposvriende.blogspot.com
Web-site www.liplekker.co.za Facebook www.facebook.com/ResepteRecipes
Recipes – with the word.doc
http://groups.yahoo.com/group/english_recipes
Subscribe: english_recipes-subscribe@yahoogroups.com
Resepte in Afrikaans – met die Word.doc
http://groups.yahoo.com/group/resepte
Subscribe: resepte-subscribe@yahoogroups.com
No comments:
Post a Comment