Wednesday, May 24, 2017

Paptert met room, mielies en Chakalaka.doc

Paptert met room, mielies en Chakalaka

Resep ingestuur deur Erika Foot

Bestanddele
Olie
Botter
Beker en half water
Krummelpap meel (ek het whitestar gebruik in grys pakkie)
Houertjie room
Pakkie potato bake
Roast vegetable pasta sous
Klein blikkie chakalaka met mielies
Kaas gerasper
Twee uie opgesny
Tiemie

Om pap te maak...kook een en 'n halwe beker water in swaarboom kastrol. Sodra kook draai plaat af tot op laagste. Gooi knypie sout in en twee koppies pap (krummelpap meel). Meng deur om krummels te vorm. Sit deksel op en roer elke 10 - 15 minute. Prut so vir ongeveer 50min

In 'n pannetjie gooi bietjie olie en botter en braai twee opgesnyde uie daarin tot bruinerig. Kan ook bietjie tiemie bygooi.

Plaas gaar krummelpap in 'n oondvaste bak. Meng dan die volgende by die krummelpap:
gebraaide uie
Blikkie chakalaka
Pasta sous
Meng goed deur

Maak nou die potato bake aan met houertjie room en gooi dit bo-oor die krummelpap mengsel.

Laaste gooi gerasperde kaas oor na smaak.

Bak in oond tot potato bake gestol het.

Lekker eet

 

Resepte Blog   http://lekkerresepte.blogspot.co.za
English Recipes Blog  http://recipes-english.blogspot.co.za
ePosVriende blog    http://eposvriende.blogspot.com
Web-site    www.liplekker.co.za   Facebook     www.facebook.com/ResepteRecipes   

Recipes – with the word.doc
http://groups.yahoo.com/group/english_recipes
Subscribe: english_recipes-subscribe@yahoogroups.com
 Resepte in Afrikaans – met die Word.doc
http://groups.yahoo.com/group/resepte
Subscribe: resepte-subscribe@yahoogroups.com

 

No comments:

Post a Comment