Wednesday, March 15, 2017

DUTCH BABY OONDPANNEKOEK




DUTCH BABY OONDPANNEKOEK

Hierdie heerlike oondpannekoek met sy pofferige opstaankraag, is ideaal om vir ontbyt of nagereg te maak.
Huiskok Errieda du Toit bedien dit met aarbeie, crème fraîche of suurroom, versiersuiker en suurlemoensap.   Resep van RSG
‘n Sprinkel varsgekraakte witpeper doen ook wondere.

125 ml koekmeel
125 ml melk
3 groot eiers, liggies geklits
knippie sout
knippie neutmuskaat
60 ml botter

Vir opdiening
versiersuiker
opgesnyde aarbeie of ander bessies
suurlemoenwiggies
Griekse joghurt, of crème fraîche, of suurroom

Voorverhit oond tot 220°C.
Plaas ‘n oondvaste swaarboom of gietyster-pan van 24 cm in die oond vir sowat 8 minute om baie warm te word.
In ‘n medium-grootte mengbak, klits die meel, melk, eiers, neutmuskaat en sout saam tot net gemeng,
OF blits die bestanddele vinnig in ‘n versapper of voedselverwerker saam tot skuimerig (moenie oormeng nie).
Smelt die botter versigtig in die warm pan, kantel om die bodem goed te bedek en giet die beslag in.
Bak tot die opgepofte kante lekker goed bruin is en die middel goudbruin (18 – 25 minute).
Haal uit die oond, druk bietjie suurlemoensap oor, skep die bessies en ‘n paar lepels van die crème fraîche in.  Sif versiersuiker oor.  Sny in wiggies.



 

Web-site    www.liplekker.co.za    Facebook     www.facebook.com/ResepteRecipes 

No comments:

Post a Comment