Wednesday, March 15, 2017

Outydse souskluitjies



Outydse souskluitjies

250 ml Koekmeelblom
10 ml Bakpoeier
1 ekstra groot eier, of 2 medium eiers
50 ml Botter
100 ml Vars melk
 Knippie sout

 Stroop:
700 ml water
 Kaneelsuiker
25 ml botter

Metode:

Sif droƫ bestanddele saam
Vryf die botter in die mengsel met vingerpunte in totdat die mengsel soos broodkrummels begin lyk.
Klits eier en melk saam, voeg by meelmengsel
Meng goed deur.
Bring water en 25 ml botter tot kookpunt. 
Skep nou lepels vol van die sagte deeg in die kokende water.
Sit die deksel op die kastrol en bring tot kookpunt. 
Stel plaat se hitte na laagste stelling, kook sowat 20 minute.
NB: Moenie die kastrol se deksel tydens die kook proses oplig nie!!!

Skep kluitjies uit in mooi groot bak, sprinkel liggies met kaneelsuiker Voeg nou vinnig 10 groot eetlepels kaneelsuiker met die oorblywende stroop in die kastrol, bring tot kookpunt,
Hou aan roer tot lekker dik stroperige sous
Giet nou die sous oor die kluitjies
Laat rus die kluitjies in stroop vir 10-15 min voor opskep.
Bedien met heerlike warm tuisgemaakte vla.


ePosVriende blog    http://eposvriende.blogspot.com
Web-site    www.liplekker.co.za
Facebook     www.facebook.com/ResepteRecipes 

No comments:

Post a Comment