Friday, March 3, 2017

Hoender en aartappel slaai



HOENDER EN AARTAPPELSLAAI

500g jong aartappeltjies, in dik skywe gesny
1 eetlepel balsamiese asyn
3 eetlepels olyfolie
100g baba spinasieblare
400g of vier gaar hoender borsies in skywe gesny
100g gehalveerde kersie tamaties

Kook die aartappel skywe in water tot sag, so 5 minute.
Giet water goed af en verbruin in 2 eetlepels olyfolie vir so 7 tot 8 minute in 'n braaipan tot lekker goudbruin.
As al die skywe nie in pas nie, doen in twee sarsies.
Voeg die asyn, die oorblywende olie en spinasie blaartjies by tot hulle verwelk.
Dis sommer gou-gou.
Voeg dan hoender en tamatie by, roer deur, snipper 'n paar grasuie daaroor en skep op



No comments:

Post a Comment