Wednesday, March 1, 2017

Klassieke Engelse Vla



Klassieke Engelse Vla

570ml Room – verskieslik die dik room
6 Groot eiergele
50g Goue strooisuiker (of gewone strooisuiker)
15ml Maizena of koekmeel (ek verkies koekmeel)

Verhit die room om n stadige hitte
Klits intussen die ander 3 bestandele saam.

Wanneer die room goed warm is, gooi dit in n dun straaltjie by die eier mengsel terwyl die klitser loop (of jy aanhou klits)
Gooi dit terug in die pot en op n lae hitte roer aanhoudend tot dit dik is.
Voeg 5ml vanilla geursel by (ek verkies karamel geursel – tensy jy n baie goeie kwaliteit vanilla gebruik)

Gooi dit uit in n beker of bak en bedek met kleefpapier
Sodat dit nie n velletjie maak nie.

Die vla vries blykbaar baie goed maar daar het nog nooit oorgebly om te vries nie.
As dit lyk of die vla wil skif, klits dit weer tot dit glad is.
Ek gebruik Gluten Vrye koekmeel.

Bron: Delia Cooks

Source: www.liplekker.co.za
Facebook:  www.facebook.com/ResepteRecipes
Blogger:  eposvriende.blogspot.com  

No comments:

Post a Comment