Wednesday, March 15, 2017

Pannekoek Resep 03



Pannekoek  Resep 03
3 x 250 ml koekmeel
3 groot eiers
175 ml koppie olie
25 ml asyn
3 ml sout
15 ml bakpoeier
4 x 250 ml water

Klits eiers en water baie goed.
Gooi kookolie, asyn en sout by en klits weer goed.
Gooi meel by en klits.
Gooi bakpoeier laaste by en klits vir 1 min.
Hoe langer die mengsel staan voor gebruik hoe beter.
Die mengsel kan in die yskas gebêre word vir 1 week.
Lewer omtrent 15 middelslag pannekoeke.
Ek verdubbel gewoonlik die resep.
Bron: Boerekos kook en geniet


ePosVriende blog    http://eposvriende.blogspot.com
Web-site    www.liplekker.co.za
Facebook     www.facebook.com/ResepteRecipes 


No comments:

Post a Comment