Tuesday, January 6, 2015

Brocolli tert

Broccoli-tert

Kors
125 g botter, gerasper
125 g Cheddarkaas, gerasper
250 ml (1 k) koekmeel
knippie sout

Vulsel
30 g botter
5 preie, fyn gekap
1 ui, fyn gekap
250 ml (1 k) broccoli, in groot stukke gekap
3 eiers, geklits
250 ml (1 k) room
15 ml (1 e) ongegeurde jogurt
15 ml (1 e) mayonnaise
30 ml (2 e) suurlemoensap
5 ml (1 t) vars orego (origanum) , gekap
5 ml (1 t) vars Tiemie, gekap

Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n tertbord van 24 cm.

Kors Meng die botter, kaas, meel en sout goed.
Voer die gesmeerde tertbord daarmee uit en hou eenkant.
Vulsel Verhit die botter in ’n pan en braai die preie, ui en broccoli 5 minute.
Meng die res van die bestanddele en voeg die gebraaide groente daarby.
Skep op die kors en bak 45 minute of tot die deeg gaar is en die vulsel gestol het.
Sit voor met slaai.


Huisgenoot wenresepte  Dankie Trudy wat die resep met ons gedeel het    

 

No comments:

Post a Comment