Wednesday, January 14, 2015

Ongebakte kaaskoek.doc

Ongebakte kaaskoek

Al wat jy hoef te doen, is om die bestanddele te meng en in opdienglase te rangskik.

Genoeg vir 4
Bereiding: 10 min.
Verkoel: 2 uur

200 g vars aarbeie
250 g roomkaas
125 g mascarponekaas
125 ml (½ k) vars room
skil van 1 suurlemoen
30 ml (2 e) strooisuiker
200 g koekies, gekrummel
ekstra aarbeie, vir voorsit

Puree die aarbeie in ’n verwerker. Plaas die aarbeipuree, roomkaas, mascarpone, vars room, suurlemoenskil en strooisuiker in ’n groot bak en meng goed.
Vir aanmekaarsit: Plaas ’n laag koekiekrummels onder in 4 koppies of opdienglase. Volg met ’n laag van die roomkaasmengsel. Herhaal die lae twee of drie keer, afhangende van die grootte van jou koppie of opdienglas en eindig met ’n roomkaaslaag.
Garneer elke kaaskoek met vars aarbeie en verkoel minstens 2 uur.

 

 

Blogger: http://eposvriende.blogspot.com

http://recipes-english.blogspot.com

http://lekkerresepte.blogspot.com

 

No comments:

Post a Comment