Thursday, January 15, 2015

Sjokolade-en-vla-ysies.doc

Sjokolade-en-vla-ysies

Maak: 8
Bereidingstyd: 15 minute, plus vriestyd
• 250 ml room
• 500 ml gekoopte vla
• 100 g sjokolade-moutbolletjies, rofweg gekap
• 5 ml vanieljegeursel


1 Klits die room styf. Vou ’n bietjie daarvan by die vla in. Vou dan die vla by die orige room in. Vou die gekapte sjokoladebolletjies en die vanieljegeursel in.
2 Skep die mengsel in ysie-vorms of in enige ander vorms van jou keuse. Vries dit vir ’n paar uur of oornag tot dit hard is.
3 Wanneer jy dit wil voorsit, kan jy die vormpies vinnig in ’n bak warm water druk om dit los te maak.
Die kinders sal gaande wees hieroor! Probeer verskillende soorte sjokolade, byvoorbeeld Smarties, Flake of grondboontjies wat met sjokolade bedek is. Vir grootmense kan jy gerus 'n skeut brandewyn of Amarula by die mengsel gooi voor jy dit vries.

 


Source: Idees tydskrif

Blogger: http://eposvriende.blogspot.com

http://recipes-english.blogspot.com

http://lekkerresepte.blogspot.com

 

No comments:

Post a Comment