Thursday, January 15, 2015

Pastaslaai met varkworsies.doc

Pastaslaai met varkworsies
375 g pasta van jou keuse
30 ml olyfolie
500 g varkworsies
4 groot murgpampoentjies, dun gesny
250 g kersie tamaties
300 g mozzarella of Edamkaas, in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, gerooster en in repies gesny
60 ml klaar gekoopte Italiaanse slaai sous
125 g roket
Kook die pasta in ‘n groot pot vinnig kokende sout water tot gaar, maar steeds ferm. Dreineer, bedruip met olyfolie en laat afkoel tot kamertemperatuur. Meng nou en dan liggies om te verhoed dat die pasta vassit. Rooster intussen die varkworsies in die oond (of oor die kole) of pan braai tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en sny in hapgrootte stukkies. Voeg die worsie-stukkies saam met die res van die bestanddele, behalwe die roket, by die pasta en meng liggies deur. Verkoel tot benodig. Net voor opdiening, skeur die roketblare grof en meng deur die pastaslaai. Genoeg vir vier mense.
Sit dit voor as bygereg: Laat eenvoudig die varkworsies uit en vermeerder die murgpampoentjies na 6 en die soetrissies na 2.



Source: inenomdiehuis.blogspot.com

Blogger: http://eposvriende.blogspot.com

http://recipes-english.blogspot.com

http://lekkerresepte.blogspot.com

 

No comments:

Post a Comment