Tuesday, January 6, 2015

Smul lekker blomkool en broccoli slaai

Smul lekker blomkool en broccoli slaai

Baie lekker saam met braaivleis! Ietsie anders as die gewone aartappel slaai ens.

Bestanddele
1 klein kop blomkool
1 klein kop broccoli 2
50gr gevriesde soetmielies (sweetcorn)
250gr gevriesde ertjies
1 klein ui fyn gekap

Vir sous 1 koppie mayonnaise
1/4 koppie kondensmelk of bruinsuiker
2 teelepels mostert (ek gebruik hot German mustard)
1 teelepel tabasco sous
Aromat en swartpeper na smaak

Gooi kookwater oor mielies en ertjies, dreineer dadelik. Sny blommetjies van blomkool en broccoli af. Meng al die groente met gekapte ui in slaai bak. Meng sous bestandele goed saam en meng by groente. Sit vir so uur of wat in die yskas vir geure om te meng. Sit voor saam met lekker braaivleis of hoender en geniet!"

Baie dankie Trudy Snip Erasmus wat die resep met ons gedeel het.

 

No comments:

Post a Comment