Wednesday, January 14, 2015

Lemmetjie-en-klapperkaas-koekies - Resep geskik vir Diabete

Lemmetjie-en-klapperkaas-koekies
(12 kolwyntjie-groote kaaskoekies)

Kors

½ pakkie volgraan- Digestive-koekies, fyngemaak
25 g laevet-margarien
Vulsel

100 g fruktose of xylitol
25 ml mielieblom
230 g laevet-roomkaas
200 g vetvrye gladde maaskaas
3 groot eiers
100 ml laevet-klappermelk
skil en sap van 1 lemmetjie
4 volgraan-Digestive-koekies, gekrummel
Verhit oond tot 160 °C. Meng beskuitjies en margarien en druk vas op bodem van kolwyntjiepanne wat met kolwyntjiehouers uitgevoer is. Meng nou fruktose, mielieblom, roomkaas, maaskaas en eiers tot glad. Voeg klappermelk, skil en lemmetjiesap by en meng verder. Verdeel mengsel tussen kolwyntjiepanne en bak vir 25 – 30 minute tot gestol. Laat afkoel en sit voor met gekrummelde koekies bo-op.

KOMMENTAAR
Dis ’n goeie plan om die nagereg vooraf in klein porsies te verdeel. Dit het reeds ’n lae GI, en as jy ditboonop saam met vars bessies voorsit, word die GI nog verder verlaag. Die vetinhoud van die gereg kan verminder word deur die kors met Mariebeskuitjies te vervang, wat dan bloot onderin die kolwyntjiehouers gesit word. Die laevet-roomkaas kan om die helfte met vetvrye gladde maaskaas vervang word waarmee die vetinhoud van die gereg met byna 20% verminder word. – Hilda Lategan


Dankie aan Trudy Snip Erasmus wat die resep vir ons op Facebook gepos het.

 

No comments:

Post a Comment