• Hou
alles koud terwyl jy die deeg maak, en werk vinnig en liggies om die
deeg koel te hou. As daar ’n dakwaaier is, skakel aan! (Lugversorging is nog
beter.)
• Jy
moet glo Darling-botter gebruik en geen ander nie.
Die
rede is glo dat dit die minimum water bevat sodat die deeg nie sag en klewerig
is nie.
•
Gebruik net die regte hoeveelheid yswater, anders sal die deeg klewerig
wees en die eindresultaat taai en harderig.
•
Gebruik ’n baie skerp mes om die deeg te sny, anders word die deeg
gekneus en sal dit nie ’n klomp lagies vorm nie.
TANT
HELIE SE SKILFERDEEG
Sy’t gesê die Hollanders het die resep van die Franse geleen!
Sy’t gesê die Hollanders het die resep van die Franse geleen!
genoeg
vir 2 terte
• 450
g (800 ml) koekmeel
• 3 ml sout
• 5 ml kremetart
• 450 g yskoue botter
• ± 250 ml yswater
• 15 ml suurlemoensap
• 3 ml sout
• 5 ml kremetart
• 450 g yskoue botter
• ± 250 ml yswater
• 15 ml suurlemoensap
Sif
die meel, sout en kremetart 2 keer saam.
Deel
die botter in kwarte. Rasper ’n kwart op ’n rasper se growwe kant.
Hou
die res in die yskas, asook die rasper.
Sny
die gerasperde botter in die meel in met 2 messe.
Sprinkel
yswater en suurlemoensap eweredig oor die meel. Meng met ’n vurk tot ’n
hanteerbare deeg.
Knie
en vou deeg op ’n koue oppervlak (tant Helie het ’n klein marmerbladjie
gebruik)
tot
dit glad en elasties is.
Klein
lugborreltjies moet net onder die oppervlak sigbaar wees.
Strooi
die deeg baie liggies met meel en rol dit 6 mm dik uit.
Hou
dit sover moontlik in ’n reghoekige vorm terwyl dit uitgerol word.
Lig
dit ook van tyd tot tyd op om seker te maak dit sit nie vas nie.
Bedek
twee derdes van die uitgerolde deeg met nog ’n kwart gerasperde botter.
Vou
deeg in derdes om die deel wat sonder botter is tussen die dele met botter te
kry.
M.a.w. 3 lae deeg met 2 lae botter afwisselend tussenin.
M.a.w. 3 lae deeg met 2 lae botter afwisselend tussenin.
Die
buiterandjie moet goed vasgedruk word om al die lug binne te hou.
Begin
by die een kort ent van die lang deegreghoek en vou weer in derdes.
Buiterand
word weer vasgedruk.
Draai
nou die deeg in ’n effens klam doek toe om te keer dat dit uitdroog.
Laat
lekker koud word, maar nie hard nie. Rol weer 6 mm dik uit.
Herhaal
die botter-in rasper-en-vou-storie met die volgende kwart van die botter en ’n
laaste keer met die laaste kwart.
Rol
’n laaste keer uit en vou in 3 of 4 lae om ’n vierkant te vorm.
Maak
toe in ’n klam doek en sit in die yskas vir ’n uur of 2. Rol nou ’n laaste keer
uit.
Uitvoer
van die pan
• Dit
moet ’n outydse blikbord wees. Dit gelei die hitte wonderlik en die deeg onder
die vulsel is nie pap nie.
• Sny
die deeg 10 mm groter as die pan (bord), want dit kan effens krimp.
Voer
die pan uit. Meet die rand van die tertpan en sny nog ’n strook om daarop te
pas.
Borsel
’n bietjie water op die strook (nie tot teen die kante nie, anders rys dit nie
mooi nie) en plaas op die rand.
(Party
mense sit dit onder die ander deeg, maar tant Helie het my anders geleer.)
•
Bestryk die boom met eierwit wat liggies geklits is.
Hou
die tertbord in die yskas tot benodig.
MELKTERT-
“PAP”
genoeg
vir 1 melktert
• 42
g (75 ml) koekmeel
• 50 ml mielieblom
• 50 ml suiker
• 1 ml sout
• 125 ml melk
• 50 ml mielieblom
• 50 ml suiker
• 1 ml sout
• 125 ml melk
Plaas
al dié bestanddele in ’n middelslag-mengbak en meng tot glad. Hou eenkant.
• 2
eiergele
• 25 ml suiker
• 2 druppels “egg yellow”-kleursel
• 4 druppels amandelgeursel
• 1 groot doppie vanieljegeursel (ek gebruik 7 ml)
• 25 ml suiker
• 2 druppels “egg yellow”-kleursel
• 4 druppels amandelgeursel
• 1 groot doppie vanieljegeursel (ek gebruik 7 ml)
Plaas
dié bestanddele in ’n kleiner mengbak en klits tot goed gemeng.
Hou
eenkant.
• 2
eierwitte
• ½ ml kremetart
• 25 ml suiker
• ½ ml kremetart
• 25 ml suiker
Plaas
dié drie bestanddele in nóg ’n middelslag-bakkie en hou eenkant.
Verhit
jou oond tot 260 °C. Die oond-rak moet op die tweede vlak van onder wees.
PLAAS
DIE VOLGENDE IN ‘N KASTROL
• 550
ml melk
• 10 ml botter
• 2 stukke pypkaneel
• 10 ml botter
• 2 stukke pypkaneel
Sodra
die oond warm is, verhit die melk, botter en kaneel tot kookpunt.
Tant
Helie het gesê op háár stoofplaat verhit sy dit op 6!
Skakel
die plaat af.
Voeg
die warm melk by die meel-en-melkmengsel en roer tot glad.
Gooi
terug in die kastrol en plaas op plaat wat afgeskakel is.
Roer
die melkmengsel in die kastrol tot dit dik is – 1 tot 2 kookborrels is nodig.
Gooi
melkmengsel uit die kastrol terug in die mengbak.
Verwyder
kaneel.
Roer
die eiergeel-mengsel by.
(Iemand
moes intussen vir jou die eierwitmengsel geklits het tot nét styf; nie te veel
nie, want dan is dit droog.)
Vou
die eierwitmengsel in.
Gooi
in jou uitgevoerde pan, strooi fyn kaneel liggies oor, indien verkies, en bak
in voorverhitte oond vir 10 minute.
Verlaag
die temperatuur na 200 °C vir nog 10 minute.
As
dit te bruin word, plaas ’n stuk aluminium foelie liggies bo-op met die
blinkkant na die element.
Sit
louwarm voor.
Met
vergunning van Sarie.com
No comments:
Post a Comment