Monday, February 13, 2017

SKILLIE SE SKAAPSKENKELS IN ROOIWYN EN SJERRIE



SKILLIE SE SKAAPSKENKELS IN ROOIWYN EN SJERRIE
 
GELIEWE TE LET DAT HIERDIE “n TYDSAMIGE PROSES IS EN GEDULD IS DIE WAGWOORD . LET OOK DAT DAAR 2 TIPES SOUSE IS WAT KARDINAAL VIR DIE SUKSES VAN HIERDIE RESEP IS


BENODIG;

GROTERIGE HEEL SKAAPSKENKELS. OF SKAAPNEK IN LENGTE DEURGESNY
VIR DIE EERSTE SOUS; (LET ASB. DAAROP DAT EK VERKIES OM GEDROOGDE KRUIE TE GEBRUIK)

60ml GEDROOGDE ROOSMARYN
60ml GEDROOGDE TIEMIE
KNOFFEL VLOKKIES (of vars gemaalde knoffel na smaak)
1 X UI OPGEKERF
1 X KOPPIE CABERNET SAUVIGNON ROOIWYN
1 X KOPPIE SJERRIE
½ KOPPIE TAMATIE PASATA
½ KOPPIE WORCESTERSOUS
80ml GOEIE KWALITEIT SOYASOUS
½ KOPPIE PERSKE BLATJANG
1 X TEELEPEL MOSTERTPOEIER
2 X TEELEPELS ROOIPEPER
½ TEELEPEL GEMMERPOEIER


METODE;
1)       VERHIT DIE OOND TOT 180C  OF OORNAG
2)       GOOI AL DIE BESTANDDELE IN ‘n OONDVASTE BAKSKOTTEL MET ‘n DEKSEL EN MENG GOED DEUR.
3)       PAK DIE SKENKELS IN DIE SKOTTEL MET DIE SOUS EN PLAAS DEKSEL OP
4)       SIT IN OOND EN LAAT STADIG KOOK VIR ONGEVEER 3 URE, TERWYL VLEIS SO ELKE UUR GEDRAAI WORD. INDIEN OORNAG GAARGEMAAK WORD MOET OOND OP 100C GESTEL WORD MET OONDRAK HEEL ONDER GEPLAAS


5)      INTUSSEN BEGIN ONS MET SOUS NR. 2 MY TAAIVINGER MARINDE

BENODIG;
½ KOPPIE BRUIN DRUIWE ASYN
½ KOPPIE WORCESTERSOUS
½ KOPPIE BRUINSUIKER
½ KOPPIE SOYASOUS
½ KOPPIE TAMATIE PASATA
½ KOPPIE TAMATIESOUS
2 X TEELEPLS ROOIPEPER
1 X TEELEPEL GEMAALDE RISSIES (NIE POEIER NIE)
1 X TEELEPEL SOUT

METODE;
1)      IN ‘n KASTROL MENG ALLES SAAM EN BRING TOT KOOKPUNT TERWYL GEROER WORD.
2)      LAAT SOUS KOOK TOT ‘N STROOP BEGIN VORM
3)      VERWYDER VAN HITTE EN HOU EENKANT.
4)      WANNEER DIE SKENKELS GAAR IS VERWYDER UIT BAKSKOTTEL EN PLAAS IN OOP POT SONDER DEKSEL.
5)      GOOI NOU DIE TAAIVINGER MARINADE OOR DIE VLEIS
6)      VERHIT INTUSSEN DIE OOND TOT 225C
7)      PLAAS VLEIS TERUG IN OOND OM LEKKER TE BRAAI VIR SO 20 MINUTE.
8)      BEDIEN SAAM MET KAPOKAARTAPPELS, GEBRAAIDE SOETWORTELS EN PYNAPPEL RINGE
9)      JY KAN INTUSSEN SOUS NR 1 IN ‘N BOTTEL GOOI EN IN YSKAS BêRE TOT WEER BENODIG (HOU SO 2 WEKE IN DIE YSKAS)
10)   EK GEBRUIK DIESELFDE (GAAR) SOUS MET HEEL HOENDER WAT EK DAN BUITE IN POTJIE MAAK SONDER SOUSIE NR 2. MET  GEBRAAIDE VARS GROENTE IN APARTE SKOTTEL./POT




 

No comments:

Post a Comment