Wednesday, February 15, 2017

GEMMERLIM (Ginger Ale) VARKBOUD



GEMMERLIM (Ginger Ale) VARKBOUD
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 5 uur 25 minute

1 varkboud, sowat 6 kg, met skenkel been en swoerd (vet met vel) aan sout na smaak
30 ml (2 e) heelkorrel mosterd
15 ml (1 e) bruinsuiker
2-3 uie, geskil en in wiggies gesny
4 lourierblare
4 heel naeltjies
6 pepper korrels
4 takkies vars tiemie
sowat 1,5 L gemmerlim (Ginger Ale)
mielieblom pasta

Voorverhit die oond tot 160 °C.

Sny kepe kruis en dwars oor die swoerd.
Geur die boud en swoerd goed met die sout.
Meng die mosterd en suiker en smeer oor die vleis gedeelte van die boud.
Plaas die boud in ’n groot oondbak.
Versprei die res van die bestanddele om die boud.
Giet die bak halfvol met die gemmerlim (Ginger Ale).
Bedek liggies met foelie.
Oondbraai 25 minute per 500 g plus 25 minute tot die boud gaar is en die vleissappe helder uitkom wanneer jy ’n vleispen insteek.
Verwyder die foelie, smeer die swoerd goed met olie en nog sout, en rooster onder die rooster element tot die vel bros is.
Dreineer die sous, kook af tot geurig en verdik met die mielieblom (maizena) pasta.
Laat die boud 10 minute rus en sny in skywe.
Sit voor met sous, gepiekelde groente en pynappel-carpaccio.

Ginger Ale is nie dieselfde as Gemmerbier nie.
Schweppes het Ginger Ale.
Lees meer oor die verskille hier http://eposvriende.blogspot.co.za/2017/02/the-difference-between-ginger-ale-and.html
Huisgenoot Resep
Resep op gespoor by http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/gemmerlin-varkboud.html





No comments:

Post a Comment