Tuesday, February 14, 2017

Kerrie skulpie noedel slaai


Kerrie SKULPIE NOEDELSLAAI
 

BENODIG
1 X PAKKIE SKULP NOEDELS
1 X ROOI PEPER (FYNGESNY)
1 X GROENPEPER(FYNGESNY)
HANDVOL ROSYNTJIES
SOUT
BIETJIE KOOKOLIE

BENODIG VIR DIE MARINADE
125ml BRUIN DRUIWE ASYN
125ml WATER
100ml SUIKER
5ml SOUT
45ml APPELKOOSKONFYT
45ml BLATJANG
25ml KERRIEPOEIER
5ml BORRIE.
125ml MAYONAISE

METODE
1)     KOOK DIE SKULPIE NOEDELS SOOS PER AANWYSINGS IN SOUTWATER
2)     WANNEER SO HALFPAD GEKOOK HET GOOI DIE ROSYNTJIES BY EN KOOK SAAM
3)     WANNEER NOEDELS GAAR IS GOOI WATER AF EN  SPOEL AF ONDER KOUEWATER EN HOU EENKANT  EN LAAT HEELTEMAL AFKOEL
4)     MENG ALLES SAAM  IN DIKBOOM KASTROL, BEHALWE DIE MAYONAISE
5)     BRING TOT KOOKPUNT EN LAAT PRUT VIR 10 MINUTE TERWYL AF EN TOE GEROER WORD.
6)     BRAAI INTUSSEN DIE PEPERS TOT GAAR, SKEP UIT EN MENG MET DIE NOEDELS EN ROSYNE HOU EENKANT
7)     LAAT ALLES  HEELTEMAL AFKOEL.
8)     MENG DIE ½ VAN DIE  SOUS BY DIE NOEDEL MENGSEL EN ROER DEUR
9)     PLAAS SLAAI IN YSKAS TOT BENODIG.
10)  PLAAS OORBLYWENDE SOUS IN YSKAS TOT BENODIG OF PAS AAN BY SLAAI SOOS VERLANG


BEDIEN AS SLAAI SAAM MET BRAAIVLEIS

No comments:

Post a Comment