Wednesday, October 29, 2014

KLAPPER EN KONDENSMELK BALLETJIES

KLAPPER EN KONDENSMELK BALLETJIES BESTANDDELE: 1 pakkie Mariebeskuitjies baie fyn gemaak 1 koppie Klapper 1 blikkie Kondensmelk (Volroom) Ekstra klapper om in te rol METODE: Meng Kondensmelk en klapper goed en voeg dan die fyn Mariebeskuitjies by. Meng baie goed. Rol in Balletjies en rol dan in klapper. Plaas op waspapier in lugdigte houer of in klein papierkoppietjies (Cup Cakes). VARIASIE Gebruik Karamel Kondensmelk in plaas van gewone. Druk in kersie of neut in balletjie vir 'n verrassing.