Friday, February 9, 2018

Tahini (sesame saad botter)

Tahini (sesame saad botter)

2 k sesame saad (gewoon of uitgedop)
1/4 k slaai olie (nie olyfolie nie)

Rooster die saad vir 3-4 minute in 'n droƫ pan oor matige hitte, tot die saadjies blink word.
Die saadjies moenie bruin raak nie, maar net wil-wil verkleur.
Skep die saad in 'n voedselverwerker en skakel dit aan.
Gooi die olie in 'n dun straaltjie by tot in gladde, loperig pasta gevorm word.
En dis dit.
Dit bly lank goed in die yskas.

Bron: Kos as dit knyp, Emilia le Roux

Tahini - picture borrowed

Tahini - sesame saad botter

Thursday, February 1, 2018

Geskiedenis van Kos

Graag wil ek julle saam met my neem op die pad van Waar kom kos vandaan.

Hierdie artikels is ‘n ruk terug geskryf na aanleiding van daardie gedagte.

Vandag stel ons die Pdf boek gratis aan julle beskikbaar.

Laai dit hier af:

http://www.liplekker.co.za/?smd_process_download=1&download_id=17255

Of besoek: http://www.liplekker.co.za/sdm_downloads/geskiedenis-van-kos/

Julle kan dit versprei net soos julle wil.

Indien julle van die artikels wil gebruik op enige elektroniese platforms, vra ons net vriendelik om ons webtuiste krediet te gee.

Indien julle belangstel in enige kos agtergrond, waar kom dit vandaan, kontak ons gerus.

Enige kos stories kan ook aan ons gestuur word.

 

Baie Dankie

Frik, Koekoes en Erika

www.liplekker.co.za