Friday, December 13, 2013

SwellendamKoek

Koeke

SWELLENDAMKOEK

Die vulsel word eerste gemaak, want dit moet heeltemal afkoel.

VULSEL:

1 liter melk,
7 gelykvol eetlepels vlapoeier,
knippie sout,
suiker na smaak.

Maak dik vla met bogenoemde bestanddele en laat heeltemal koud word. Verwyder roomlaag bo-op wanneer koud en smeer oor drie van die koue koeklae.

Klits 4 eiers tot skuim.
Voeg 2 koppies suiker geleidelik by en klits baie goed.
Smelt 125 g margarien en 1 k melk en bring tot kookpunt.
Voeg 2 koppies meel by eiermengsel, asook 'n knippie sout en 2 teelepels vanielje.
Strooi 2 teelepels bakpoeier bo-oor die meelmengsel.
Gooi nou warm melkmengsel bo-oor.
Laat staan minstens 2 minute en klop dan vinnig.
Gooi uit in koekpanne (2) en bak by 190°C vir 30 minute.
Laat bietjie afkoel en sny elke laag in 2.

Terwyl die koeklae bak, maak die versiering:

VERSIERING

250 g sagte margarien,
2 k versiersuiker,
4 t vanieljegeursel

Klits bogenoemde goed saam tot romerig.

Plaas nou die koeklae op mekaar en versier die boonste laag met die versiering.

Eet die koek terwyl nog so louwarm.

Uit die nuusbrief van Danie van egafrikaans.co.za

Thursday, December 12, 2013

Pampoen pastei 3 Koppies rou pampoen (Butternut of boerpampoen) 1 Kaneel stokkie 1 Eetlepel suiker 1 Koppie meel 4 Tee lepels bakpoeier 1 Koppie suiker 4 Eetlepels gesmelte botter 2 Eiers 1 Teelepel sout 1 Koppie room Kaneel Suiker vir oor strooi (Kaneel en suiker gemeng na smaak - soos vir pannekoek) Kook Pampoen, Kaneel stokkie en 1 Eetlepel suiker tot sag en droog gekook. Druk die pampoen fyn (mash) Roer die meel, bakpoeier, sout botter en 1 koppie suiker by. Laastens die room. Meng goed en gooi in ‘n gesmeerde oondbak strooi kaneel suiker oor. Bak vir ongeveer 20 tot 30 min by 180grade C tot gaar.

Pasteie

Pampoen pastei

 

3 Koppies rou pampoen (Butternut of boerpampoen)

1 Kaneel stokkie

1 Eetlepel suiker

 

1 Koppie meel

4 Tee lepels bakpoeier

1 Koppie suiker

4 Eetlepels gesmelte botter

2 Eiers

1 Teelepel sout

1 Koppie room

Kaneel Suiker vir oor strooi (Kaneel en suiker gemeng na smaak  - soos vir pannekoek)

 

Kook Pampoen, Kaneel stokkie en 1 Eetlepel suiker tot sag en droog gekook. Druk die pampoen fyn (mash)

Roer die meel, bakpoeier, sout botter en 1 koppie suiker by.

Laastens die room.

Meng goed en gooi in ‘n gesmeerde oondbak strooi kaneel suiker oor.

Bak vir ongeveer 20 tot 30 min by 180grade C tot gaar.

 

UIESKONS

Uieskonks

UIESKONS

250ml melk

1 eier

1 pakkie dik wituiesoppoeier

50g botter

400g bruismeel (3k)

30ml fyngekapte pietersielie of grasui

 

Klits die melk, eier en wituiesoppoeier saam en laat dit rukkie staan.

Verhit die oond tot 220C en smeer groot bakplaat.

Frummel die botter by die bruismeel in.

Voeg die pietersielie of grasui by en meng.

Sny die melkmengsel met ‘n slaplemmes by die meelmengsel in totdat ‘n sagte deeg gevorm het.

Rol die deeg 2cm dik op meelbestrooide deegplank uit.

Druk sirkels, 5cm in deursnee, uit.

Plaas die sirkels ‘n entjie van mekaar op bakplaat.

Bak die skons 10 – 12 min lank tot goudbruin.

Eet dit dieselfde dag.

Of vries in plastieksak.

MELKTERT MET ‘N SUURLEMOENKINKEL

MELKTERT MET ‘N SUURLEMOENKINKEL

 

MELKTERT MET ‘N SUURLEMOENKINKEL

1 pakkie lemon creams (suurlemoenroompies)

75ml botter gesmelt

1 pakkie tennisbeskuitjies

1 liter melk

1 blik kondensmelk

1 ekstragroot eier

1 hoogvol eetl vlapoeier

2 eetl mielieblom (maizina)

knippie sout

fyn kaneel

 

Maak die pakkie lemoncreams (suurlemoen roompies) fyn in die voedselverwerker

en voeg die gesmelte botter daarby en meng goed deur. .

Druk dit onder in ‘n tertbord vas en hou solank eenkant.

Maak ‘n pasta van die vla, mielieblom, suiker en eier.

Verhit die melk en kondensmelk tot kookpunt. (Kan ook in mikrogolf gedoen word).

Voeg die vla pasta by met ‘n dun straaltjie terwyl u die warm melkmengsel aanhoudend roer.

Kook oor lae hitte terwyl u dit steeds roer totdat dit gaar en dik is. (Kan ook in mikrogolf gedoen word)

Roer net na elke minuut ± vir so 5minute afhangende van sterkte van oond.

Skep nou die helfte van die melkpap bo-op die suurlemoenroompie kors,

pak ‘n lagie tennisbeskuitjies bo-op en skep die ander helfte melkpap

bo-oor die laag tennisbeskuitjies.

Rond die boonste laag af met gekrummelde tennisbeskuitjies.

Strooi bietjie fyn kaneel  oor en laat heeltemal afkoel sodat dit behoorlik stol. 

Sny nou in blokkies of driehoekskyfies en geniet dit saam met ‘n heerlike koppie boeretroos.

U kan natuurlik die tert garneer met ‘n paar jong suurlemoenblaartjies. ‘

(Uit Anna Eksteen se nuusbrief)Koop Anna se e-boeke by Kalahari

Paptert

Paptert

PAPTERT – verby lekker

 

Braaivleis met n paptert is die ware Jakob.

Die paptert kan al die vorige dag gemaak word en net op die dag van die braai in die oond gesteek word.

Jy kan n paptert verskeie geure en smake gee.

 

 

BENODIG:

    3 koppies mieliemeel pap

    3 koppies melk

    4 koppies water

    60ml botter

    1 pakkie spek ( bacon)

    1 ui in ringe gesny

    30 ml olie

    1 blikkie tamatie en uie mengsel

    10 ml gemengde kruiepap

    4 kaasworsies ( as jy het, anders los jy dit uit)

    1 blik heelpit mielies

    2 koppies gerasperde kaas van jou keuse

    sout en peper

 

Heelpit Mielies

 Metode:

    braai die uie in 30 ml oliepap

    snipper die spek en braai saam met die uie

    sny die worsies in ringetjies en braai ook saam met spekpap

    roer 10ml gemengde kruie en tamatie in blikkie by en kook deur vir 10 minute –          hou nou die mengsel eenkantpap

    verhit die melk en water in n kastrolpap

    voeg die mieliemeel, sout en peper by en roer dat dit nie klonte maak nie – laat dit vir 15 minute prut

    roer die botter by die pappap

    roer die heelpitmielies in die pappap

    smeer n oondvaste bak en skep n lagie pap onder in die bakpap

    gevolg deur n lagie spek en uie mengselpap

    gevolg deur n lagie kaas, herhaal die lagies nog een keerpap

    eindig heel bo met n lagie kaaspap

    bak dit vir 40 minute by 180 grade Celsius

Jy kan enige vulsel gebruik waarvan jy hou.

Die spek kan vervang word met groente.

 Die keuse van die kaas berus ook op n persoonlike besluit.

 

Resep:  maridakook.com

Wednesday, December 11, 2013

Twee-uur komkommer-piekels

twee uur komkommer piekels

Twee-uur komkommer-piekels

BESTANDDELE

1 Engelse komkommer
125 ml wit wyn asyn
125 ml water
10 - 15 ml suiker
1 klein bossie pietersielie, grof gekap
½ rooi ui, dun gesny
1 lourierblaar
sout en peper

METODE

Halfeer die komkommer in die lengte en skraap die saad met 'n teelepel uit.
Sny elke helfte in drie lang stukke en sny elke derde in dun repe.
Plaas die komkommer en al die ander bestanddele in 'n houer wat kan seël en laat dit in die yskas vir minstens 2 uur.

Resep: RSG

Gemmer koekies

Gemmer koekies

 
6k Meel

1k Bak Margerien of botter (227gram)

2k Suiker

2E Gemmer

2 Eiers

1k Stroop

3t Koeksoda

1/4t Sout

Klits botter en eiers saam, voeg die suiker by.

Meng stroop gemmer koeksoda aangemaak met 2 e melk.

Meng al die bestandele saam.

 

Maak okkerneut groote balletjies, druk effens plat en bak by 180C tot gaar.

Gemmerbier met Jamaika gemmer

Gemmerbier GEMMERBIER
      
As jy weer een Saterdagoggend opstaan, slaan dit vinnig aanmekaar en by vanaand drink jy rustig jou gemmerbier.  
Dis so mooi as die rosyne uitdy en boontoe kom in die bottel. J

Jy moet n emmer he met n deksel  wat dig sluit.
En begin al die lee plastiek koeldrankbottels bymekaar maak.

BENODIG:

7 x 750 ml louwarm water
5 x 250 ml witsuiker
10 ml Lennons Jamaika-gemmer ( koop by jou supermark of by die apteek)
10 ml kitsgis ( 1 pakkie)
40 rosyne


Meng die kitsgis en  10 ml suiker in n houer
Gooi 125 ml louwater op die suiker/kitsgis mengsel.  
Laat dit eenkant staan.  
  

Resep van marindakook.com

Gemmer (Bets se resep)

GemmerBier (Bets se resep) Gemmerbier (Bets)

Meng 1 Koekie Suurdeeg met 1 liter bloed lou water.

Gooi die volgende in ‘n emmer en meng:
14 Liter water
6 E gemmers
3 of 4 hande vol rosyne
2E Kremetart
2.5kg suiker

As die suurdeeg bietjie begin “borrel” meng met die res van die bestandele en laat staan vir 2 dae om te gis.

Syg (Sif) deur ‘n doek.
Gooi in glas bekers or lee koeldrank bottels en verkoel.

Baie belangrik:  Onthou om die prop styf toe te draai nie.
Die prop moet net liggies op die bottel wees.
Die gemmerbier bou gas op.

Gemmerbier 2

Gemmerbier 2 Gemmerbier No 2

800 g Suiker (4 x 250 ml)
4.5 Liter Water
15 ml gemaalde gemmer
20g Saamgeperste suurdeeg (1 Koekie)
4 ml Kremetart
4 ml Wynsteensuur
12 Sultanas, gekneus

1.    Roer al die bestandele saam in ‘n groot emmer totdat die suiker opgelos is.
2.    Plaas die deksel op en laat die Gemmerbier ongeveer 12 uur lank staan.
3.    Die sultanas behoort bo-op te dryf na q12 uur.
4.    Syg die Gemmerbier deur.
5.    Giet die Gemmerbier in gesteriliseerde bottels – vul die bottles tot by die nekke.
6.    Verseël dit.
7.    Verkoel die gemmer bier voor gebruik
8.    Laat Gemmerbier ‘n paar dae staan nadat dit ge bottel is – dan is dit éérs lekker.