Friday, December 2, 2016

Murgpampoen-pannekoek gevul met romerige hoender * Banting LCHF



Murgpampoen-pannekoek gevul met romerige hoender 
Banting LCHF
(bedien 6 persone)

Bestanddele vir pannekoek:
100 g murgpampoentjies
2 eiers
20 ml gerasperde parmesankaas
2 koppies koekmeel
650 ml melk
‘n knippie sout
olyfolie vir smeer van pan 

Bestanddele vir hoendervulsel:
6 hoenderfillette (sonder been of vel)
250 g gekerfde sampioene
150 ml droƫ witwyn
600 ml vars room
sout en varsgemaalde swartpeper
olyfolie vir panbraai
Metode vir pannekoek:
Sny punte van murgpampoentjies af, maar moenie skil nie. Rasper die murpampoentjies grof. Meng meel, parmesan en sout en voeg eers ‘n bietjie melk by en roer tot mengsel glad en sonder klonte is. Voeg orige melk geleidelik by. Klits die eiers goed en voeg dit en die gerasperde murgpampoentjies by die beslag. Giet ‘n bietjie van die mengsel in ‘n warm, gesmeerde pannekoekpan en bak aan albei kante tot ligbruin. Maak 12 pannekoeke.
Metode vir hoendervulsel:
Sny die hoenderfillette in repies en braai saam met sampioene tot goudbruin en gaar in olyfolie. Geur na smaak. Roer witwyn en room onderskeidelik by. Skep een skeppie hoendervulsel versigtig in middel van warm pannekoek, vou netjies toe en plaas onderste-bo op bord.
Opdiening:
Garneer met orige sous, blokkies feta, son gedroogde tamaties en kruieblare

Monday, November 28, 2016

AARBEI SKOMMEL



AARBEI SKOMMEL

250g vars aarbeie, stingels verwyder en afgewas      125ml yskoue water
½ van 'n blik (379g) kondensmelk

Plaas al die bestandele saam in 'n voedselverwerker. Verwerk tot dik en skuimerig. Giet in glase en dien dadelik op. Lewer 500ml.

Mokka Kaaskoek



Mokka kaaskoek
Kors:
2x200g Romany Creams

80ml gesmelte botter

Vulsel:
10ml gelatien
250ml room
2x250g geroomde maaskaas
15ml kitskoffie-poeier
2x100g plakke sjokolade

Maak die beskuitjies fyn. (In ‘n voedselverwerker indien beskikbaar). 
Meng met die botter en druk teen die kante en op die bodem van ‘n tertbord vas. 
Verkoel.
 Strooi die gelatien oor 30ml water. 
Verhit totdat die gelatien gesmelt  is, maar dit moenie kook nie.  Klits die room styf en vou by die maaskaas in. 
Los die koffiepoeier op in 15ml kookwater en voeg dit saam die gesmelte gelatien by die roommengsel.
Meng goed deur. 
Smelt die sjokolade oor kookwater of in die mikrogolfoond. 
Roer elke nou en dan tot gesmelt. 
Voeg by die roommengsel en vou in sodat die mengsel in marmer voorkoms het. 
Giet in die voorbereide kors en verkoel tot gestol.

Resep:  Anna Eksteen