Monday, November 28, 2016

Mokka Kaaskoek



Mokka kaaskoek
Kors:
2x200g Romany Creams

80ml gesmelte botter

Vulsel:
10ml gelatien
250ml room
2x250g geroomde maaskaas
15ml kitskoffie-poeier
2x100g plakke sjokolade

Maak die beskuitjies fyn. (In ‘n voedselverwerker indien beskikbaar). 
Meng met die botter en druk teen die kante en op die bodem van ‘n tertbord vas. 
Verkoel.
 Strooi die gelatien oor 30ml water. 
Verhit totdat die gelatien gesmelt  is, maar dit moenie kook nie.  Klits die room styf en vou by die maaskaas in. 
Los die koffiepoeier op in 15ml kookwater en voeg dit saam die gesmelte gelatien by die roommengsel.
Meng goed deur. 
Smelt die sjokolade oor kookwater of in die mikrogolfoond. 
Roer elke nou en dan tot gesmelt. 
Voeg by die roommengsel en vou in sodat die mengsel in marmer voorkoms het. 
Giet in die voorbereide kors en verkoel tot gestol.

Resep:  Anna Eksteen

No comments:

Post a Comment