Tuesday, October 3, 2017

Sjokolade koffie koek - Suene (Liplekker resep)

Sjokolade koffie koek - Suené           
   
2kop meel,                                                                            
1kop suiker,  
½ kop kakao,                                                                        
1t bakpoeier,  
½ t sout,                                                                                 
1 ½ t koeksoda,   
½ kop olie,                                                                            
1 ½ kop melk,
3 eiers,                                                                                  
1t vanielje.  
 
Sif droe bestanddele saam gooi olie en melk by en klits vir 2 min.
Klits eiers een vir een by, gooi vanielje by. 
Bak 35 - 45 min teen 180grade.   
 
Sous.
2kop suiker, 
3 kop water.
 2t vanielje,
4eet koffie.
 
Kook vir 5min saam. 
Sodra koek uit oond kom, maak oral gaatjies met mes.  
Gooi kokende stroop oor koek, gebuik al die stroop. 
As koek afgekoel is versier met treat  en onversoete styfgeklitste room.
Sjokolade koffie koek (liplekker resep) - save the picture, dan het jy die resep byderhand
 

Klamste sjokolade koffie koek ooit - Foodlovers recipe

KLAMSTE SJOKOLADE KOFFIEKOEK OOIT








Klamste sjokolade koffiekoek ooit - Save the picture, dan het jy die resep byderhand



Bestanddele
1 ¾ kop meel
2 koppies wit suiker
¾ koppie kakaopoeier
1 ½ teelepel koeksoda
¾ teelepel sout
2 groot eiers
1 koppie karringmelk (of plaasvervanger deur om 1 eetlepel wit asyn in ‘n koppie te gooi en dan te vul met melk, laat staan 5 minute tot verdik)
½ koppie botter, gesmelt
1 eetlepel vanieljegeursel
1 koppie vars gebroude warm koffie (of 2 teelepel kitskoffie in 1 koppie kookwater)

Metode
Verhit die oond tot 180 grade. Smeer en meel of spray en cook twee 9-duim bak panne (of lyn met bakpapier sirkels)
In die groot bak, meng meel, suiker, kakao, koeksoda en sout.
Voeg die eiers, karringmelk, botter en vanieljegeursel by en klits tot glad (ongeveer 3 minute). (gebruik ‘n klitser vir beste resultate)
Roer in warm koffie met ‘n rubber spatel. Beslag sal baie loperig lees.
Gooi die beslag eweredig tussen die twee panne en bak op middelste rak van die oond vir sowat 35 minute of totdat tandestokkie in die middel
skoon uitkom met net ‘n paar koekkrummels wat vassit.
Laat 15 minute staan om af te koel in panne.
Plaas ‘n draadrakkie bo-oor elke pan.
Gooi koeke uit. Laat koek heeltemal afkoel voor versier

Let wel:
Om hierdie resep te gebruik vir kolwyntjies, (12)
Verhit die oond tot 200 C i.p.v 180 C
Verdeel beslag eweredig onder koppies en bak 20-25 minute


















Versiersel
80 ml kakao
125-180 ml yskoue ingedampte melk óf room
250 ml gesifte versiersuiker
5 ml vanieljegeursel
3 ml kitskoffiepoeier, opgelos in 15 ml kookwater
Laat koek afkoel.
Klits al die bestanddele vir die versiersel goed saam.
Laat staan vir ‘n paar minute en skep oor die koek

Bron: Tessa
3de Foto:  Erna Van der Merwe




















Adam Cloete
Ek het die cupcake weergawe van die Klamste Sjokolade Koffiekoek probeer  en dit het absoluut heerlik gekom.
20 Minute in my gasoond
klamste koek se muffins Adamklam lekkerste sjok koek christine 1

 











FOTO BO: Petré Van Jaarsveld
Heerlike versiersel of die stoof wat ek weereens so n bietjie verander het… 2 maal aangemaak..
2 teelepels koffie met n bietjie water aangemaak, en saam met die meelmengsel gekook.. dit laat koud word…
Botter geklop tot romerig…. Die meelmengsel bygevoeg…
Goed geklop tot dit soos room was…
1 blikkie All Gold Caramel Topping en 2 teelepels droë koffie poeier bygevoeg en goed geklits….
Heerlik..

Bron en foto:  http://www.foodloversrecipes.com/2015/03/klamste-sjokolade-koffiekoek-ooit/
Posted on March 6, 2015 by amandaconradie Posted in Koeke / Cakes 

Monday, October 2, 2017

Klam koffiekoek

Klam koffie koek
Die mengsel  is genoeg vir ‘n 35cm x 25cm glasbak

6 eiers
400ml Suiker
120ml Kakao
200ml Louwarm water
120ml Olie
500ml Koek meel
4ml Sout
20ml Bakpoeier

Metode
Klits die eiers en suiker tot lig en donsig. 
Meng die kakao met louwarm water en voeg die olie by.
Sif die droë bestandele in die eiermengsel.
NB! Sif die bakpoeier laaste by!
Bak in ‘n medium oond 180 grade vir 30 – 35 min.
Wanneer die koek reg is, druk gaatjies in met `n vurk en gooi stroop oor terwyl die koek nog warm is.

Stroop
1 1/2 Koppie water
1 1/2 Koppie suiker
15ml Koffie poeier
10ml Vanilla geursel

Sit in die yskas en laat die koek behoorlik koud word (as dit kan, laat die koek `n dag staan), sit dan die volgende bo-op die koek.

Versier
1 Boksie orley whip (2 sakkies) of 175ml room
1 Blikkie karamel
Klits die room tot styf en vou die karamel by die room in.
Krummel `n flake bo-oor vir versiersel.

Bron:   www.dievryburger.co.za/2013/09/vir-die-huisvrou-klam-koffiekoek/


Klam koffiekoek - Save the picture dan het jy die resep byderhand vir gebruik

Lekkerste Koffiekoek



































Anel Bezuidenhout se resep.
Olie pleks van botter is die geheim. Anel vertel “Dié koffiekoek-resep kom van my oorlede skoonma, Rietjie Bezuidenhout, af.
Sy was nou vir jou ’n vrou wat kon bak, hoor! Sy het altyd gesê die geheim van ’n lekker klam sjokoladekoek is om die botter met olie  te vervang, en hierdie resep doen juis dit.” 

Koek
    280 g (500 ml) koekmeel
    70 g (180 ml) kakao
    7 ml bakpoeier
    10 ml koeksoda
    knippie sout
    400 g (500 ml) suiker
    2 eiers
    250 ml melk
    125 ml kookolie
    5 ml vanieljegeursel
    250 ml sterk koffie

Versiersel
    80 g (90 ml) sagte botter
    70 g (180 ml) kakao
    260 g (500 ml) versiersuiker
    60 ml sterk koffie

Verhit oond tot 180 °C.
Voer twee 20 cm-koekpanne met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei.
Sif meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n groot mengbak.





















Voeg suiker by en roer deur met ’n houtlepel.



 Klits eiers, melk, olie en vanieljegeursel in aparte mengbak.
Voeg by droë bestanddele.
Gooi koffie by.
Klits goed vir 2 minute tot romerige, gladde mengsel


Verdeel mengsel tussen die twee panne en plaas op middelste oondrak.
Bak vir 35 – 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Laat in pan afkoel en keer uit.





Versier só
Plaas bestanddele vir versiersel in elektriese menger se bak en klits op hoë spoed tot gladde mengsel.
Sny bokant van koeke met ’n riffelmes gelyk.
Skep versiersel in spuitsak met 1 cm-tuit.
Plaas eerste koek gesnyde kant na bo op koekbord.
Spuit helfte van versiersel op die koek en smeer gelyk.
Plaas tweede koek bo-op  gesnyde kant na onder.
Spuit res van versiersel boop en smeer gelyk.
Bêre in lugdigte houer.

Bron en fotos: http://www.netwerk24.com/Sarie/Kos

Lekkerste Koffie - Save the picture dan het jy die resep byderhand vir gebruik



Thursday, August 24, 2017

Fudge fridge cake oftewel koekie fudge

Fudge fridge cake oftewel koekie fudge

Vetkoek resepte - met en sonder vulsels

Gevulde vetkoek

Karringmelk vetkoek

Kerrie maalvleis vetkoek

Kits Vetkoek

Lepel vetkoekies, maklike vinnige resep.  Geen knie benodig nie.

Vetkoek in die oond

Vetkoek in die skottelbraai

Vetkoek gemaak met bruismeel (self raising flour)

Vetkoek Resep

Vetkoek resep (Andrina se resep)

Vetkoekies De Luxe

Basic Vetkoek

Tuna Resepte

Creamy Tuna, Corn and Tomato Pasta

Pasta met Tuna

Tasty Tuna bake

Tuna Gereg

Tuna Tart

Tuna tert 2

Tuna Tert

Vinnige tuna tert

Coffee and caramel muffins


Coconut macaroon Resepte



4 Bestandele fudge sjokoloade smeer (Nutella) koekies

4 Bestandele fudge sjokoloade smeer (Nutella) koekies


Coffee and Caramel Muffins  Coffee and Caramel Muffins 



Monday, August 14, 2017

Snackle Resepte

Snackle yster foto eiendom van Hannetjie Pretorius
Snackle yster foto Koekoes http://www.facebook.com/ResepteRecipes

Die Snackle resep wat nog saam die snackle ysters uitgekom het
SNACKLE DEEG RESEP – kan gevries word
1 eier
125 ml water
250 ml gesifte meelblom
125 ml melk
1 ml sout
1/2 ml peper

Klits eier, melk en water saam.
Voeg droë bestandele by vir n lopende beslag en klits deeglik.
Mengsel voldoende vir +- 60 doppies.
Dit kan in die yskas bewaar word vir n redelike tydperk.
Gebruik n kastrol net wyd genoeg vir een of meer snackles.
Vul met kook olie om vormpies te bedek en verhit met snackle daarin.
Skud oortollige olie af wanneer snackle uitgehaal word (met te min olie sal deeg aan vormpies kleef).
Druk snackle in deegmengsel maar verhoed dat deeg oor boonste rand van die vorms gaan en plaas terug in warm olie vir +- 25 sekondes.
Doppies is ligbruin en bros wanneer gaar.
Hierna hoef snackle nie elke keer in olie geplaas te word voordat dit in deegmengsel gedruk word nie.
As snackle te gou uit deeg gehaal word of as olie te warm is, sal die deeg afval.
Plaas doppies op n afkoelrak op absorberende papier.
Gebruik n vurk om gaar doppies uit olie te verwyder of die wat aan vormpies kleef mee af te druk.
Ek het die doppies al gevries met sukses nadat ek dit mooi verpak het in tupperbakke vir n maand lank.
Sorg net wanneer jy dit wil ontvries om dit uit die bakke te haal sodat dit nie in aanraking kom met die waterdruppels wat maar altyd ontstaan aan die bak wanneer dit met die warm lug in aanraking kom nie, anders word dit pap.




SNACKLE RESEP 2

1½ kop koekmeel
1 eier
1 tl bakpoeier
½ kop melk
1 kop water
Sout en peper


METODE:
Meng al die bestandele saam.
Maak ystertjie baie warm in olie,
Druk in meelmengsel (bietjie dikker as pannekoek deeg) en Dan weer terug in warm olie.
Braai tot ligbruin en dreineer op papier.

Hannetjie Pretorius
Hier is my snackle yster wat ek al jare het.




SNACKLE RESEP wat saam met die yster uit gekom het
Bron: Snackle Boekie
KLITS:
1 eier, half koppie water
half koppie melk,
1 koppie meel en
'n knippie sout saam vir ongeveer 50 doppies
Sit yster in olie op die stoof en begin dan om die degie aan te maak die werksoppervlak reg te kry begin bak as hy warm is.
Onthou net om 'n bak te gebruik wat breed genoeg is vd snackle om in te pas!
Bron: Snackle Boekie




Snackle Resep vir sout vulsels - Corne Van Zyl
1 eier
1/2 kop melk
1/2 kop water
Knippie sout en peper
1 kop hoogvol meel


Metode
Klits eier melk en water goed saam. Voeg meel sout en peper by. Klits verkieslik met ‘n elektriese klitser totdat mengsel goed gemeng is. Indien die mengsel te dik is kan jy nog bietjie water byvoeg.
Indien verkies kan 1/2 tl Marmite in koue water opgelos word en by die beslag gevoeg word vir ekstra smaak. Jy kan ook vleisekstrak of kerrie en asyn na smaak bygooi indien verkies.
Hierdie mengsel maak ongeveer 2 – 3 dosyn doppies.


Snackle resep vir soet vulsels
Meng soos bogenoemde mengsel maar laat die peper weg en voeg suiker by na smaak. Indien die beslag te dun is kan jy klein bietjie meel byvoeg.
Vir die wat nie weet hoe om die Shacke te gebruik nie: Gebruik Snackle so:
Verhit olie in ‘n kastrol wat wyd genoeg is vir Snackle om in te pas. Olie moet so ongeveer 10 – 15cm diep wees. Dis belangrik om die Snackle en die olie tesame te verhit. Verwyder die Snackle uit die olie en laat oortollige olie afdrup. Druk Snackle in die deeg en beweeg rond totdat die deeg aan die vormpies vasklou. Die deeg moenie oor die rand van die vorms loop nie. Jy kan ook oortollige olie aan ‘n lap of kombuispapier afvee maar moenie te veel verwyder nie anders gaan die doppies aan die vormpies vassit as hulle gaar is. Sit nou Snackle met deeg terug in die olie vir ongeveer 20 – 30 sekondes. Die doppies is ligbruin en bros as hulle gaar is. As die doppies effens vassit kan jy dit liggies met ‘n vurk afdruk. Die olie moet redelik warm wees maar ook nie te warm nie anders sal die doppies geneig wees om te brand en pap te word.
Wanneer die deeg te min word om die Snackle daarin te doop, gooi die deeg uit in 'n koppie. Verwyder die middelste vormpie (kan gewoonlik afgeskroef word) en doop dan eers die voorste en dan die agterste vormpie in die deeg en bak dan in olie.
BELANGRIK: Moenie die Snackle oplig om te sien wat aangaan of wanneer jy dit uit die olie haal nie anders val die doppies dalk af in die olie. Help die middelste vormpie effens met 'n vurk en draai die Snackle onderstebo en laat die oortollige olie afdrup


 
Resep en foto’s met vergunning van: Alberta van Wyk wat dit op www.foodloverrecipes.co.za geplaas het.
ALBERTA SE SNACKLE RESEP
Na aanleiding van die doppie ystertjies waaroor almal deesdae praat, het ek gou vanoggend dit getoets.
Ek het my gewone snackle resep vir beide gemaak:
Snackle Resep





(Hierdie resep kan ook halveer word)
2 Eiers
2 Koppies Koekmeel
1 Koppie Water
1 Koppie Melk
Knippie Sout


Terwyl yster in kookolie warm word, Meng alles saam tot glad en bak. Doop die warm yster wat jy bietjie afgevee het om van die oortollige olie ontslae te raak driekwart in die deeg en dan in die warm olie. Bak tot goudbruin en dreineer op koerant papier of kombuis rol. Laat afkoel en vul na keuse so n uur voor opdiening anders raak die doppies pap.
Ek het 36 Snackle doppies en 34 Rossette doppies met bogenoemde beslag gemaak.
Die Snackle doppies gaan ek met sout vulsel vul en die Rossette doppies met stroop en versiersuiker bo-oor sif
Resep en foto’s met vergunning van: Alberta van Wyk wat dit op
www.foodloverrecipes.co.za geplaas het.

Resep en foto’s met vergunning van: Alberta van Wyk wat dit op www.foodloverrecipes.co.za geplaas het.

Resep en foto’s met vergunning van: Alberta van Wyk wat dit op www.foodloverrecipes.co.za geplaas het.







SOUT VULSELS VIR SNACKLE DOPPIES.


VULSELS 1
Gerookte hoender fyn gemaak
Tamatie baie fyn gesny
Komkommer baie fyn gesny
Mayonnaise
Mosterd
Sout & Swartpeper
Meng alles saam en vul die doppies
VULSEL 2
Tuna
Sandwich Spread
Mayonnaise
Swartpeper


MELKTERTVULSEL VIR SNACKLES
750 ml Melk
40ml botter
Bring tot kookpunt
3 eiers, geskei en Wit styf geklits
45ml maizena
45ml meelblom
42ml Melk


Meng eiergele by bogenoemde 3 bestanddele
Roer dit by kokende Melk
Voeg Dan 1Kop suiker en Sout by
Verwyder Van stoof en Roer styfgeklopte eierwitte by.
Skep in doppies
Strooi kaneel Oor.




Tips:
Ester van Vuuren  .....my mama het n half teelepel asyn by gesit doppies het vars en hard gebly. Deel ouma Gerrie se hartsgeheim vir snackles..sy was n groot kokkedoor met kook en bak..



Snackle yster

Snackle yster.  Die een is gekoop by West Pack
  Foto Koekoes

Snackle yster.  Die een is gekoop by West Pack

Snackle yster.  Die een is gekoop by West Pack



































Resepte Blog http://lekkerresepte.blogspot.co.za
English Recipes Blog
http://recipes-english.blogspot.co.za
ePosVriende blog
http://eposvriende.blogspot.com
Facebook
www.facebook.com/ResepteRecipes
Recipes – with the word.doc
http://groups.yahoo.com/group/english_recipes
Subscribe: english_recipes-subscribe@yahoogroups.com
Resepte in Afrikaans – met die Word.doc
http://groups.yahoo.com/group/resepte
Subscribe: resepte-subscribe@yahoogroups.com