Monday, October 2, 2017

Klam koffiekoek

Klam koffie koek
Die mengsel  is genoeg vir ‘n 35cm x 25cm glasbak

6 eiers
400ml Suiker
120ml Kakao
200ml Louwarm water
120ml Olie
500ml Koek meel
4ml Sout
20ml Bakpoeier

Metode
Klits die eiers en suiker tot lig en donsig. 
Meng die kakao met louwarm water en voeg die olie by.
Sif die droë bestandele in die eiermengsel.
NB! Sif die bakpoeier laaste by!
Bak in ‘n medium oond 180 grade vir 30 – 35 min.
Wanneer die koek reg is, druk gaatjies in met `n vurk en gooi stroop oor terwyl die koek nog warm is.

Stroop
1 1/2 Koppie water
1 1/2 Koppie suiker
15ml Koffie poeier
10ml Vanilla geursel

Sit in die yskas en laat die koek behoorlik koud word (as dit kan, laat die koek `n dag staan), sit dan die volgende bo-op die koek.

Versier
1 Boksie orley whip (2 sakkies) of 175ml room
1 Blikkie karamel
Klits die room tot styf en vou die karamel by die room in.
Krummel `n flake bo-oor vir versiersel.

Bron:   www.dievryburger.co.za/2013/09/vir-die-huisvrou-klam-koffiekoek/


Klam koffiekoek - Save the picture dan het jy die resep byderhand vir gebruik

No comments:

Post a Comment