Tuesday, December 15, 2015

2015

Die jaar was bedrywig en interresant met die dat ek saam met n vriendin vir die Banting Markte begin bak het.
Ek het ongelooflik baie geleer.
Van markte, Banting, Sade en Neute.
En om nog n bietjie meer gesonder te kan eet.

Die Bakery vir Banting markte doen ek nie meer nie, maar dit was n ondervinding waarvoor ek my vriendin ewig dankbaar sal wees.

Ek hoop om in 2016 weer voltyds op ePosVriende te kan konsentreer.

Ons wens u 'n Geseënde Kersfees en Voorspoedige nuwe jaar toe.
Ek sal eers weer in die jaar Resepte plaas.

Geniet die ChristusFees en bly veilig.

Groete
Koekoes

Tuesday, December 8, 2015

1000 ISLAND Slaaisous.docx

1000 ISLAND Slaaisous

⅔ cup mayonnaise

1 small onion, finely diced

⅛ cup tomato sauce

1 tbls sweet chili sauce

1 tbls vinegar

1 tsp paprika

1-3 tbls milk (optional see recipe below)

Instructions

Combine all in a  jar and shake well to combine. If dressing is too thick, (optional) add some milk one tablespoon at a time to thin it to your desired consistency.

 

HOENDERSLAAI MET PASTA.docx

HOENDERSLAAI MET PASTA

 

Kook so 4 handevol screw noodles met sout tot net sag en dreineer en laat koud word.

Dan 2 gekookte of gerookte hoender borse (sny in blokkies)

1 klein ui in blokkies gesny

1/2k cheddar kaas in blokkies,

1k ertjies en sampioene in repies gesny,

2 hard gekookte eiers.

Gooi by die afgekoelde noedels.

SLAAISOUS.

Meng saam..

1k mayonnaise,

1/4k knorr ranch slaaisous,

peper en bietjie sout,

1/2k blikkie Nestle room.

As dit na te min lyk gooi nog mayo by (maar ek dink 1k is genoeg)

Meng goed deur.

Ek vermoed hierdie is knorr resep

Oats Koekies.docx

Oats Koekies

2 k meel

4 k oats

2 k klapper

2 k suiker

250 g margarien

3 t stroop

2 t koeksoda

 

1. Smelt botter & stroop (moenie kook nie net smelt)Voeg koeksoda by.

2. Meng die droë bestanddele saam.

3. Gooi stroop by droë bestanddele.

4. Gooi in ‘n oondpan en druk vas.

5. Bak vir ± 10 – 15 min teen 180° C.

 

**Haal uit en sny dadelik

 

Hawermout Koekies.docx

Hawermout Koekies

3 kop hawermout

3 kop koekmeel

3 kop suiker

3 kop klapper

1.5 kop botter3r

3 eetl stroop

3 eiers

3 tlp koeksoda

3 tlp bakpoeier

1.5 tlp sout

 

Metode

1. Voorverhit oond tot 180°.

2. Rol deeg in balletjies.

3. Plaas in oond plaat.

 

**Bak ongeveer 10-15 min

foodloversrecipes - Gert Steyn