Friday, January 23, 2015

Thursday, January 15, 2015

Guitar player

 

 

Triffle.doc

Triffle
 
- 1 pakkie rooi-jellie
- 1 pakkie groen-jellie
- 1 blikkie caramel kondensmelk
- 1 pakkie tennis beskuitjies (in stukke gebreek)
- 1 blikkie fruit cocktail
- 500 ml dik custard (Moet homemade wees)
- 250ml room
- 200g glans kersies

1. Maak jellie soos aan gewys op die pakkie, laat stol.
2. Maak die gestolde jellie met ‘n vurk fyn.
3. Sit die jellie in ‘n groot glasbak. (net helfte)
4. Gooi vrugte bo-oor (net helfte)
5. Pak laag koekies (in stukke gebreek) (net helfte)
6. Smeer caramel oor koekies (net helfte)
7. Gooi vla oor. (net helfte)
8. Volg stap 3 – 7 tot die bak vol is.
9. Versier met kersies!
10. Laat stol in yskas, hou in die yskas tot opdiening!           


Source: Anja se resep

Blogger: http://eposvriende.blogspot.com

http://recipes-english.blogspot.com

http://lekkerresepte.blogspot.com

 

Oliebolle met vla-vulsel.doc

Oliebolle met vla-vulsel

Maak: ongeveer 20
Bereidingstyd: 40 minute, plus rystyd
Gaarmaak tyd: 10 minute

• 125 ml melk
• 65 ml (60 g) botter
• 7 g droë kitsgis
• 645 ml (350 g) witbroodmeel
• 2 ml sout
• 55 ml (45 g) suiker
• 2 groot eiers, liggies geklits
• sonneblomolie vir diepbraai
• glansversiersel en/of kaneelsuiker

Vla
500 ml melk
6 eiergele
115 ml (100 g) strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
55 ml (30 g) koekmeel
20 ml (12 g) mielieblom

1 Verhit die melk en botter saam tot al die botter gesmelt het. Roer die gis by sodra die mengsel louwarm is.
2
Sif die meel, sout en suiker in ’n groot mengbak saam. Maak ’n holte in die middel en gooi die melkmengsel daarin. Voeg die geklitste eier by en roer als saam. Knie die deeg op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Voeg nog ’n bietjie meel by as dit te klewerig is. Dit moet ’n sagte deeg wees waarmee jy maklik kan werk. Knie dit vir 10 minute met die hand of in ’n elektriese menger. Bedek dit en laat dit rys tot dubbel die volume.
3
Knie die deeg weer vir vyf minute en rol dit dan in klein bolletjies. Laat die bolletjies vir ’n halfuur rys op bakplate wat met bakpapier uitgevoer is.
4
Verhit die olie tot matig warm (175 °C) en braai dan die oliebolle vir een minuut tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier.
5
Vla Verhit die melk tot kookpunt en haal dit van die plaat af. Klits die eiergele en suiker saam. Voeg die vanielje, meel en mielieblom by. Klop die mengsel tot dit lig van kleur is. Gooi die melk by die eiermengsel en klop dit met ’n draadklitser tot glad. Sit dit terug op die plaat en kook dit tot die vla begin verdik – klits dit die heeltyd met die draadklitser. Haal van die plaat af en laat heeltemal afkoel.
6
Skep die koue vla in ’n spuitsak met ’n metaalpunt. Gebruik ’n sosatie stokkie en maak ’n gaatjie in die punt van elke oliebol. Spuit die vla in die gaatjie.
7
Maak ’n glansversiersel wat jy oor die oliebolle kan drup, of sprinkel kaneelsuiker oor.

Variasies
Geur die vla met sjokolade of koffie – voeg 10 ml kitskoffiepoeier by die melk, óf 100 g donker sjokolade.



Source: inenomdiehuis.blogspot.com

Blogger: http://eposvriende.blogspot.com

http://recipes-english.blogspot.com

http://lekkerresepte.blogspot.com

 

Sjokolade-en-vla-ysies.doc

Sjokolade-en-vla-ysies

Maak: 8
Bereidingstyd: 15 minute, plus vriestyd
• 250 ml room
• 500 ml gekoopte vla
• 100 g sjokolade-moutbolletjies, rofweg gekap
• 5 ml vanieljegeursel


1 Klits die room styf. Vou ’n bietjie daarvan by die vla in. Vou dan die vla by die orige room in. Vou die gekapte sjokoladebolletjies en die vanieljegeursel in.
2 Skep die mengsel in ysie-vorms of in enige ander vorms van jou keuse. Vries dit vir ’n paar uur of oornag tot dit hard is.
3 Wanneer jy dit wil voorsit, kan jy die vormpies vinnig in ’n bak warm water druk om dit los te maak.
Die kinders sal gaande wees hieroor! Probeer verskillende soorte sjokolade, byvoorbeeld Smarties, Flake of grondboontjies wat met sjokolade bedek is. Vir grootmense kan jy gerus 'n skeut brandewyn of Amarula by die mengsel gooi voor jy dit vries.

 


Source: Idees tydskrif

Blogger: http://eposvriende.blogspot.com

http://recipes-english.blogspot.com

http://lekkerresepte.blogspot.com

 

MielieSlaai.doc

Mielieslaai

3 vet groen mielies
3 ferm rooi tamaties, in klein blokkies gesny
1 rooi ui, in dun wiggies gesny
1 wiel fetakaas, grof gekrummel
60 ml parmesan skaafsels
Slaaisous:
Sap van 1 suurlemoen
45 ml olyfolie
60 ml gekapte vars pietersielie
1 rooi brandrissie, baie fyn gekap met pitte en al
3 ml strooisuiker
3 ml mosterdpoeier

Kook die groen mielies gaar (of braai oor die kole tot gaar) en laat afkoel. Meng intussen die tamaties, uie, feta en parmesan in n slaai bak. Sodra die mielies afgekoel is, sny die pitte (so diep soos jy kan) van die stronke af en voeg dit by die slaai bestanddele. Klits alles vir die slaai sous saam en giet oor die slaai. Meng deur en verkoel tot benodig. Sit verkieslik teen kamertemperatuur voor.
Maak n maaltyd daarvan: Geroosterde of gerookte hoender stukkies verander dié bykos-slaai vinnig in n volledige ete. Sit dan net n lekker brood hierby voor, en siedaar!


Source: inenomdiehuis.blogspot.com

Blogger: http://eposvriende.blogspot.com

http://recipes-english.blogspot.com

http://lekkerresepte.blogspot.com

 

Pastaslaai met varkworsies.doc

Pastaslaai met varkworsies
375 g pasta van jou keuse
30 ml olyfolie
500 g varkworsies
4 groot murgpampoentjies, dun gesny
250 g kersie tamaties
300 g mozzarella of Edamkaas, in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, gerooster en in repies gesny
60 ml klaar gekoopte Italiaanse slaai sous
125 g roket
Kook die pasta in ‘n groot pot vinnig kokende sout water tot gaar, maar steeds ferm. Dreineer, bedruip met olyfolie en laat afkoel tot kamertemperatuur. Meng nou en dan liggies om te verhoed dat die pasta vassit. Rooster intussen die varkworsies in die oond (of oor die kole) of pan braai tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en sny in hapgrootte stukkies. Voeg die worsie-stukkies saam met die res van die bestanddele, behalwe die roket, by die pasta en meng liggies deur. Verkoel tot benodig. Net voor opdiening, skeur die roketblare grof en meng deur die pastaslaai. Genoeg vir vier mense.
Sit dit voor as bygereg: Laat eenvoudig die varkworsies uit en vermeerder die murgpampoentjies na 6 en die soetrissies na 2.



Source: inenomdiehuis.blogspot.com

Blogger: http://eposvriende.blogspot.com

http://recipes-english.blogspot.com

http://lekkerresepte.blogspot.com

 

PILCHARD FRIKKADEL.doc


PILCHARD FRIKKADEL


Ingredients
1 tin of Pilchards ( I'm using the hot chili) ...
1 small onion chopped finely
2 fresh garlic cloves chopped finely
1 egg
1 cup of dry bread crumbs ( very important or your Frikkadelle will fall apart .
3 slices of white bread quickly soaked in water , squeeze out water .
1 tablespoon of chopped parsley or coriander .

Some oil for shallow frying .
Method .
Remove the fish from the tin and separate the sauce from the fish - put the sauce one side .
Now mix all your ingredients together by hand . Allow to sit for 5 minutes .
Now shape the Frikkadelle as seen in picture . Shallow fry on medium to high heat till brown on both sides .
Remove and plate - drizzle over the sauce and serve .

Source: inenomdiehuis.blogspot.com

Blogger: http://eposvriende.blogspot.com   http://recipes-english.blogspot.com

http://lekkerresepte.blogspot.com 

 

Wednesday, January 14, 2015

Egg & Veggie Loaf.doc

 

Egg & Veggie Loaf

(Makes 1 small loaf)
6 eggs (whisked)
1/2 cup grated cheese
1/2 zuchinni grated
1/2 carrot grated
1 garlic clove grated
4 slices rindless bacon chopped
1/4 red onion chopped
1 tbs melted butter
Mix all ingredients together in bread Tin and bake on 180 in oven for 25 minutes!

Recipe:  MoreFM, New Zealand      www.facebook.com/morefmnz

Blogger: http://eposvriende.blogspot.com

http://recipes-english.blogspot.com

http://lekkerresepte.blogspot.com

 

Recipes of Facebook:  www.facebook.com/ResepteRecipes  

Gluten free, Dairy free, Diabetes: www.facebook.com/GlutenFreeRecipes.SouthAfrica

  

 

 

Ongebakte kaaskoek.doc

Ongebakte kaaskoek

Al wat jy hoef te doen, is om die bestanddele te meng en in opdienglase te rangskik.

Genoeg vir 4
Bereiding: 10 min.
Verkoel: 2 uur

200 g vars aarbeie
250 g roomkaas
125 g mascarponekaas
125 ml (½ k) vars room
skil van 1 suurlemoen
30 ml (2 e) strooisuiker
200 g koekies, gekrummel
ekstra aarbeie, vir voorsit

Puree die aarbeie in ’n verwerker. Plaas die aarbeipuree, roomkaas, mascarpone, vars room, suurlemoenskil en strooisuiker in ’n groot bak en meng goed.
Vir aanmekaarsit: Plaas ’n laag koekiekrummels onder in 4 koppies of opdienglase. Volg met ’n laag van die roomkaasmengsel. Herhaal die lae twee of drie keer, afhangende van die grootte van jou koppie of opdienglas en eindig met ’n roomkaaslaag.
Garneer elke kaaskoek met vars aarbeie en verkoel minstens 2 uur.

 

 

Blogger: http://eposvriende.blogspot.com

http://recipes-english.blogspot.com

http://lekkerresepte.blogspot.com

 

Karamel Poeding Fudge.doc

KARAMELPOEDING FUDGE

1 pakkie Karamel poeding (instant pudding 90g)
1 1/2 kop suiker
1/2 kop melk
1 eetlepel botter 1/2 tel vanielje

METODE
Plaas poeding suiker en melk in kastrol en bring tot kookpunt
Roer aanhoudend om aanbranding te voor kom
Wanneer dit n sagte bal stadium bereik haal af van stoof
laat bietjie afkoel tot lou warm
Voeg botter en vanielje by en klits baie goed tot dik en romerig
Giet uit in gesmeerde bak laat stol en sny in blokkies (ander geure poeding kan ook gebruik word
Dit is maklik, vinnig en heerlik.

Baie dankie Monique Swiegers wat die resep vir ons op Facebook gepost het. www.facebook.com/ResepteRecipes  

 

Yogurt en Kondensmelk tert.doc

Yogurt en Kondensmelk tert

500 g yoghurt

1 Blik Kondensmelk

1 Pakkie Jellie aangemaak 1 koppie kookwater.

Meng alles saam en gooi oor Tennisbeskuitjies of jy kan kors maak met tennisbeskuitjies fyngemaak en gesmelte botter.

Sit in yskas tot gestol

Baie dankie Veronica Dodd Botes wat die resep vir ons op Facebook gepost het   www.facebook.com/ResepteRecipes  

 

Truffels vir Diabete.doc

Truffels vir Diabete

Idees Tydskrif

100 g Margarien

2 el Rum/brandewyn

3 el Kakao

225 g Maaskaas

4 el Sweetener

Kakao of klapper om dit in te rol

Verhit margarien en voeg kakao by. Kook oor lae hitte vir 1 minuut. Verwyder van die hitte en laat vir 5 minute afkoel. Roer die maaskaas, sweetener en rum by en verkoel die mengsel ± 1 uur of tot dit reg is om balle te maak. Rol in klapper of kakao. Bêre in yskas

Dankie aan Trudy Snip Erasmus wat die resep vir ons op Facebook gepos het.

 

Lemmetjie-en-klapperkaas-koekies - Resep geskik vir Diabete

Lemmetjie-en-klapperkaas-koekies
(12 kolwyntjie-groote kaaskoekies)

Kors

½ pakkie volgraan- Digestive-koekies, fyngemaak
25 g laevet-margarien
Vulsel

100 g fruktose of xylitol
25 ml mielieblom
230 g laevet-roomkaas
200 g vetvrye gladde maaskaas
3 groot eiers
100 ml laevet-klappermelk
skil en sap van 1 lemmetjie
4 volgraan-Digestive-koekies, gekrummel
Verhit oond tot 160 °C. Meng beskuitjies en margarien en druk vas op bodem van kolwyntjiepanne wat met kolwyntjiehouers uitgevoer is. Meng nou fruktose, mielieblom, roomkaas, maaskaas en eiers tot glad. Voeg klappermelk, skil en lemmetjiesap by en meng verder. Verdeel mengsel tussen kolwyntjiepanne en bak vir 25 – 30 minute tot gestol. Laat afkoel en sit voor met gekrummelde koekies bo-op.

KOMMENTAAR
Dis ’n goeie plan om die nagereg vooraf in klein porsies te verdeel. Dit het reeds ’n lae GI, en as jy ditboonop saam met vars bessies voorsit, word die GI nog verder verlaag. Die vetinhoud van die gereg kan verminder word deur die kors met Mariebeskuitjies te vervang, wat dan bloot onderin die kolwyntjiehouers gesit word. Die laevet-roomkaas kan om die helfte met vetvrye gladde maaskaas vervang word waarmee die vetinhoud van die gereg met byna 20% verminder word. – Hilda Lategan


Dankie aan Trudy Snip Erasmus wat die resep vir ons op Facebook gepos het.

 

Jogurtjellie. Geskik vir Diabete

Jogurt jellie
(4 groot porsies of 8 – 12 kleiner porsies)

20 ml kookwater
20 ml gelatien poeier
400 ml vetvrye aarbei jogurt
1 pakkie suikervrye aarbei jellie
vars bessies van jou keuse of bevrore bessies
Sit kookwater in ’n bakkie, sprinkel gelatien oor en roer tot opgelos. Voeg by jogurt en meng tot glad. Spuit 4 ramekin bakkies of jellie vorms met kleefwerende kossproei. Verdeel jogurt mengsel tussen ramekins en laat stol in yskas. Maak jellie aan volgens aanwysings op pakkie. Laat afkoel. Gooi jellie oor gestolde jogurt en plaas terug in yskas tot gestol. Kan in bakkie voorgesit word of uitgekeer word. Sit voor met bessies.

Variasie: Gebruik vetvrye vanielje-jogurt en 2 ml vanielje pleks van die aarbei jogurt.

KOMMENTAAR
Diabete mag af en toe ietsie soets eet, maar dan moet dit in berekening gebring word by die maaltyd wat daarmee saam geniet word. – Hilda Lategan

Dankie aan Trudy Snip Erasmus wat die resep vir ons op Facebook gepos het.

 

Drop box links

Onfeilbare Fudge.doc


Onfeilbare Fudge

1 koppie volroom melk

4 koppies suiker

125 g margarine (Stork as jy kan)

knippie kremetart

LAAT HIERDIE 4 BESTANDELE SAAM SMELT, WAG TODAT DIT BEGIN BORREL, KOOK DIT DAN 5 MINUTE SONDER OM TE ROER!!!

Gooi dan 1 Blik kondensmelk (Clover) by die mengsel.

Kook dan n verdere 20 minute, ROER gereeld!

Haal van stoof roer vinnig met n houtlepel tot dit dik word.

Gooi in bak, laat bietjie afkoel en sny in blokke.

Dankie aan Trudy Snip Erasmus wat die resep vir ons op Facebook gepos het.

 

Tuesday, January 6, 2015

Worsies met deeg op 'n stokkie

Worsies met deeg op ‘n stokkie

BESTANDELE:

1 Kop Bruismeel

1 Kop Water

1 Eier

Sout

500g Rooiworsies

 

Metode:

Klits alles saam behalwe worsies

Gooi in diep beker of bak

Steek sosatiestokkies deur worsies

Doop in beslag en bak in olie goud bruin

 

 

 

Blogger: http://eposvriende.blogspot.com

 

5-Minute-sjokoladepoeding



5-Minute-sjokoladepoeding

Genoeg vir 2 mense

60 ml (4 e) koekmeel
60 ml (4 e) suiker
30 ml (2 e) kakao
knippie sout
1 eier, geklits
45 ml (3 e) melk
45 ml (3 e) olie
45 ml (3 e) sjokoladesplinters
1 ml (¼ t) vanieljegeursel
 
1. Neem 2 teekoppies met ’n inhoudsmaat van 250 ml. Skep die helfte van al die droë bestanddele in elkeen van die koppies en meng goed met ’n lepel. Voeg die helfte van die eier by elk en meng goed.
2. Voeg die helfte van die melk en olie by elk en meng goed.
3. Voeg die sjokoladesplinters en vanieljegeursel by en meng goed.
4. Plaas die twee koppies saam in die mikrogolfoond en mikrogolf 3 minute teen 100 persent krag.
5. OPDIENING Maak liggies om die kante los en keer op 2 bordjies om. Plaas ’n skeppie roomys bo-op elkeen en sif ’n
6. bietjie kakao oor
Deur Huisgenoot Digitaal op Desember 6, 2013

Dankie Corrie Slabbert wat die resep met ons gedeel het.

Blogger: http://eposvriende.blogspot.com

http://recipes-english.blogspot.com

http://lekkerresepte.blogspot.com

 

Brocolli tert

Broccoli-tert

Kors
125 g botter, gerasper
125 g Cheddarkaas, gerasper
250 ml (1 k) koekmeel
knippie sout

Vulsel
30 g botter
5 preie, fyn gekap
1 ui, fyn gekap
250 ml (1 k) broccoli, in groot stukke gekap
3 eiers, geklits
250 ml (1 k) room
15 ml (1 e) ongegeurde jogurt
15 ml (1 e) mayonnaise
30 ml (2 e) suurlemoensap
5 ml (1 t) vars orego (origanum) , gekap
5 ml (1 t) vars Tiemie, gekap

Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n tertbord van 24 cm.

Kors Meng die botter, kaas, meel en sout goed.
Voer die gesmeerde tertbord daarmee uit en hou eenkant.
Vulsel Verhit die botter in ’n pan en braai die preie, ui en broccoli 5 minute.
Meng die res van die bestanddele en voeg die gebraaide groente daarby.
Skep op die kors en bak 45 minute of tot die deeg gaar is en die vulsel gestol het.
Sit voor met slaai.


Huisgenoot wenresepte  Dankie Trudy wat die resep met ons gedeel het    

 

Blomkool slaai

BLOMKOOLSLAAI

1 blomkool (in blommetjies gebreek)            
250ml Cheddarkaas (in blokkies gesny)
24 gevulde olywe (in skyfies gesny)            
1 bossie grasuie (fyn gekap)
6 groot radyse (in skyfies gesny)

SLAAISOUS:
100 ml suurroom                    
100ml mayonnaise
17g knoffelsousmengsel (2 x 34g pakkie)

1.  Plaas die blomkool, kaas, olywe, grasuie en radyse in ‘n bak.
2.  Meng die slaaisous bestanddele en gooi dit oor die slaai.
3.  Verkoel die slaai totdat dit bedien word.

 

Broodslaai

Broodslaai:

 

Brood in blokkies gesny en gebraai in olie.

Kaas in blokkies gesny.

Agurkies in blokkies gesny.

2 gekookte eiers gesny. 

 

SOUS: 4 eiers. 4eet l asyn.

1 kop mayonaise. 4 eetl suiker.

1 teel mosterd met 2 eetl water aan gemaak. 

 

Metode:       Klits eiers baie goed.

Meng die res van die bestandele behalwe mayonaise.

Kook tot dit begin stol.

Voeg kop mayonaise by en meng.

Gooi bo oor die res van die bestandele.

 

 

Smul lekker blomkool en broccoli slaai

Smul lekker blomkool en broccoli slaai

Baie lekker saam met braaivleis! Ietsie anders as die gewone aartappel slaai ens.

Bestanddele
1 klein kop blomkool
1 klein kop broccoli 2
50gr gevriesde soetmielies (sweetcorn)
250gr gevriesde ertjies
1 klein ui fyn gekap

Vir sous 1 koppie mayonnaise
1/4 koppie kondensmelk of bruinsuiker
2 teelepels mostert (ek gebruik hot German mustard)
1 teelepel tabasco sous
Aromat en swartpeper na smaak

Gooi kookwater oor mielies en ertjies, dreineer dadelik. Sny blommetjies van blomkool en broccoli af. Meng al die groente met gekapte ui in slaai bak. Meng sous bestandele goed saam en meng by groente. Sit vir so uur of wat in die yskas vir geure om te meng. Sit voor saam met lekker braaivleis of hoender en geniet!"

Baie dankie Trudy Snip Erasmus wat die resep met ons gedeel het.

 

Monday, January 5, 2015

Tamboesies

Tamboesies  (Koekoes)

 

(amper soos miniatuur vlaskywe)

 

Vulsel

 

37.5ml Maizena

37.5ml Vla poeier

60ml Suiker

 

125ml Melk poeier *  gemeng met

500ml water

 

5ml vanilla

 

Kook alles behalwe vanilla stadig totdat vla dik word.

Roer vanilla by en laat effens afkoel.

 

Gebruik enige melkpoeier*  wat met water gemeng kan wat dan gebruik kan word soos gewone melk.

 

 

Doppies

 

Koop gevriesde blaardeeg en sny in blokkies  - ongeveer 3 x 5 cm.

Bak volgens aanwysings (of 200C ) todat dit gepos en gaar is.

Split elke doppie in die middel sodra dit uit die oond kom.

Laat afkoel.

 

 

 

Skep vla mengsel op die onderste helfte van die doppie en plaas die  boonste helfte terug op die vla.

 

Meng versiersuiker met water tot loperig en smeer liggies oor die boonste doppie.

 

Laat koud word in die yskas.

 

Spekvleis koekies

My sus Jane se resep.

Maak 2 of 3 dubbel aan, want dit hou nie lank nie.

 

Spekvleis koekies

 

250g Spek – fyn en gebraai

250ml Kaas – gerasper

250g Meel

7ml BP

Sout

230g Botter gesmelt

180ml Melk

2 Eiers

 

Meng alles saam en bak in klein kolwyn pannetjies  by 180C