Thursday, January 15, 2015

MielieSlaai.doc

Mielieslaai

3 vet groen mielies
3 ferm rooi tamaties, in klein blokkies gesny
1 rooi ui, in dun wiggies gesny
1 wiel fetakaas, grof gekrummel
60 ml parmesan skaafsels
Slaaisous:
Sap van 1 suurlemoen
45 ml olyfolie
60 ml gekapte vars pietersielie
1 rooi brandrissie, baie fyn gekap met pitte en al
3 ml strooisuiker
3 ml mosterdpoeier

Kook die groen mielies gaar (of braai oor die kole tot gaar) en laat afkoel. Meng intussen die tamaties, uie, feta en parmesan in n slaai bak. Sodra die mielies afgekoel is, sny die pitte (so diep soos jy kan) van die stronke af en voeg dit by die slaai bestanddele. Klits alles vir die slaai sous saam en giet oor die slaai. Meng deur en verkoel tot benodig. Sit verkieslik teen kamertemperatuur voor.
Maak n maaltyd daarvan: Geroosterde of gerookte hoender stukkies verander diƩ bykos-slaai vinnig in n volledige ete. Sit dan net n lekker brood hierby voor, en siedaar!


Source: inenomdiehuis.blogspot.com

Blogger: http://eposvriende.blogspot.com

http://recipes-english.blogspot.com

http://lekkerresepte.blogspot.com

 

No comments:

Post a Comment