Monday, January 5, 2015

Tamboesies

Tamboesies  (Koekoes)

 

(amper soos miniatuur vlaskywe)

 

Vulsel

 

37.5ml Maizena

37.5ml Vla poeier

60ml Suiker

 

125ml Melk poeier *  gemeng met

500ml water

 

5ml vanilla

 

Kook alles behalwe vanilla stadig totdat vla dik word.

Roer vanilla by en laat effens afkoel.

 

Gebruik enige melkpoeier*  wat met water gemeng kan wat dan gebruik kan word soos gewone melk.

 

 

Doppies

 

Koop gevriesde blaardeeg en sny in blokkies  - ongeveer 3 x 5 cm.

Bak volgens aanwysings (of 200C ) todat dit gepos en gaar is.

Split elke doppie in die middel sodra dit uit die oond kom.

Laat afkoel.

 

 

 

Skep vla mengsel op die onderste helfte van die doppie en plaas die  boonste helfte terug op die vla.

 

Meng versiersuiker met water tot loperig en smeer liggies oor die boonste doppie.

 

Laat koud word in die yskas.

 

No comments:

Post a Comment