Monday, February 16, 2015

Onfeilbare Fudge.doc


Onfeilbare Fudge

1 koppie volroom melk

4 koppies suiker

125 g margarine (Stork as jy kan)

knippie kremetart

LAAT HIERDIE 4 BESTANDELE SAAM SMELT, WAG TODAT DIT BEGIN BORREL, KOOK DIT DAN 5 MINUTE SONDER OM TE ROER!!!

Gooi dan 1 Blik kondensmelk (Clover) by die mengsel.

Kook dan n verdere 20 minute, ROER gereeld!

Haal van stoof roer vinnig met n houtlepel tot dit dik word.

Gooi in bak, laat bietjie afkoel en sny in blokke.

Dankie aan Trudy Snip Erasmus wat die resep vir ons op Facebook gepos het.