Tuesday, January 6, 2015

5-Minute-sjokoladepoeding



5-Minute-sjokoladepoeding

Genoeg vir 2 mense

60 ml (4 e) koekmeel
60 ml (4 e) suiker
30 ml (2 e) kakao
knippie sout
1 eier, geklits
45 ml (3 e) melk
45 ml (3 e) olie
45 ml (3 e) sjokoladesplinters
1 ml (¼ t) vanieljegeursel
 
1. Neem 2 teekoppies met ’n inhoudsmaat van 250 ml. Skep die helfte van al die droĆ« bestanddele in elkeen van die koppies en meng goed met ’n lepel. Voeg die helfte van die eier by elk en meng goed.
2. Voeg die helfte van die melk en olie by elk en meng goed.
3. Voeg die sjokoladesplinters en vanieljegeursel by en meng goed.
4. Plaas die twee koppies saam in die mikrogolfoond en mikrogolf 3 minute teen 100 persent krag.
5. OPDIENING Maak liggies om die kante los en keer op 2 bordjies om. Plaas ’n skeppie roomys bo-op elkeen en sif ’n
6. bietjie kakao oor
Deur Huisgenoot Digitaal op Desember 6, 2013

Dankie Corrie Slabbert wat die resep met ons gedeel het.

Blogger: http://eposvriende.blogspot.com

http://recipes-english.blogspot.com

http://lekkerresepte.blogspot.com

 

No comments:

Post a Comment